×
Skakel na Engels

Dekor & Ontwerp -oggend ten bate van Prochorus Community Development

Ondersteun hierdie dag van ontwerp, inspirasie en kreatiwiteit ten bate van voorheen benadeelde groepe

Plascon, The Home Channel en Edith Venter van Edith Unlimited kondig met trots aan dat die tweede jaarlikse Dekor & Ontwerp –oggend op Saterdag 2 Junie 2012 op die Val de Vie Wyn- & Pololandgoed in die Kaap sal plaasvind.

 

Die geleentheid is ten bate van die Prochorus Community Development (PCD) in Kayamandi, net buite Stellenbosch. Met Val de Vie se hulp sal die geld wat op dié oggend ingesamel word, gebruik word om kinders en volwassenes (nie net inwoners van Kayamandi nie, maar ook ander voorheen benadeelde groepe van die Stellenbosch-area) op te voed en vir hulle sekere vaardighede aan te leer.

 

Gassprekers by die Dekor & ontwerp –oggende sluit in die sangeres, aktrise en sjef Elzabe Zietsman, die binneversierder en landskapsargitek Henk Scholtz, en die binnehuisversierder, curator en versamelaar Niel Stemmet. Dié sprekers sal hul kennersraad oor alles van kos tot ontwerp en tuinmaak met die gaste deel. The Home Channel se Juliet Newell sal weer die seremoniemeester wees.

 

“Hierdie oggende is hope pret en die gassprekers ken hul storie. Nie net sal gaste die natuurskoon van die Val de Vie Wyn- & Pololandgoed geniet nie, maar hulle sal ook fantastiese geskenkpakke kan huis toe neem, raad oor dekor- en ontwerpkwessies kry en boonop help om ’n verskil te maak deur geld in te samel vir ’n goeie doel,” sê Edith Venter.

 

PRYS: R350 per person (sluit ligte middagete en geskenkpak in)

WANNEER:  Sat 2 Junie 2012

WAAR: Val de Vie Wyn- & Pololandgoed

Plek is beperk, so bespreek vandag nog om teleurstelling te voorkom.

 

Vir meer inligting oor The Home Channel se Dekor & Ontwerp -oggende, kontak Edith Venter by edith@edithunlimited.co.za of skakel 011 783 5887. Besoek gerus ook www.plascon.co.za.

 

Meer oor die Dekor & Ontwerp – oggende:

Die die Dekor & Ontwerp – oggende is ’n inisiatief van Plascon wat ondersteun word deur The Home Channel, Edith Unlimited, Clarins en die Saxon Hotel & Spa.

 

Die datums vir toekomstige geleenthede:

  • Durban (Fairmont)                           28 Junie 2012
  • Bloemfontein (Belle Rose)              13 Oktober 2012
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Help KANSA en Le Creuset om lewens te red

10% van elke pienk Le Creuset-produk wat van nou tot Oktober verkoop word, sal aan KANSA geskenk word

Close