×
Skakel na Engels

Danksy H&M kan jy jou klere ’n tweede lewe gee

Mode vir ’n goeie saak? Ons wil deel daarvan wees!
h&m

Wanneer jy elke seisoen deur jou klerekas gaan, dink twee keer voordat jy enige items weggooi wat na motballetjies ruik – H&M het ’n plan om dit ’n tweede lewe te gee.

’n Wêreldwye inisiatief om klere bymekaar te maak is in 2013 begin. Jy kan jou ongewenste klere – ongeag handelsmerk of toestand – by enige H&M-winkel gaan aflaai sodat dit as nuwe kledingstukke herwin kan word. As beloning sal jy ’n afslagbewys vir jou volgende aankoop ontvang.

Die skokkende feit is dat tot 95% van klere wat weggegooi word, weer gedra of gehersikleer kon word.

As modeliefhebbers so iets besef, sal dit hul ingesteldheid beslis verander. Niemand hou daarvan om te sien dat klere vermors word nie, en dit is hoekom H&M dit so maklik moontlik vir klante wil maak om hul kledingstukke nuwe lewe te gee.

Baie van ons weet reeds van H&M se Conscious Collection. Dit is lieflike kledingstukke wat van herwinde plastiek en organiese katoen gemaak word wat heeljaar lank aan klante beskikbaar is.

H&M het egter ook ’n Conscious Exclusive-reeks, ’n beperkte reeds wat ook van herwinde materiale gemaak is, maar dit word net een keer per jaar bekendgestel en is hoogs modieuse, estetiese items.

Vanjaar se Conscious Exclusive-reeks word op 20 April bekendgestel. Behalwe vir ’n volledige reeks vir vroue en ontspanne formele drag vir mans, sal die reeks vir die eerste keer kinderklere insluit, asook ’n Conscious Exclusive-fyngeur, wat van organiese olies gemaak word. Die reeks sal in 160 winkels wêreldwyd beskikbaar wees, en sal in Suid-Afrika in die H&M-winkel in die V&A Waterfront beskikbaar wees.

 

Die nuwe Conscious Exclusive-reeks van H&M verskuif grense wat volhoubaarheid en styl betref. Die 2017-reeks sluit die innoverende volhoubare materiaal BIONIC® in – ’n herwinde poliëster wat van plastiekafval gemaak word wat op kuslyne versamel word. 

Kyk hierdie video genaamd The Journey of a Dress:

“Vir die ontwerpspan by H&M is vanjaar se Conscious Exclusive ’n kans om te droom en kledingstukke te skep wat sowel onkonvensioneel as pragtig is. Dis wonderlik om te kan wys presies wat moontlik is met volhoubare materiale soos ons gedoen het met die delikate plissee-rok wat van BIONIC gemaak is,” sê Pernilla Wohlfahrt, H&M se ontwerphoof en kreatiewe direkteur.

’n Vinnige kykie na H&M se Conscious Exclusive-reeks vir 2017:

H&M-Conscious-Exclusive-Dress

H&M Conscious Exclusive-rok 

H&M Conscious Exclusive-sak 

Conscious Exclusive is ’n belowende begin vir H&M se skuif na ’n meer volhoubare modetoekoms. Altesaam 20% van al H&M se produkreeks word nou van meer volhoubare materiale gemak, en die doelwit is om dié persentasie elke jaar te vergroot.

Interessante feite

  • H&M is een van die wêreld se grootste verbruikers van herwinde poliëster en een van die grootste aankopers van organiese katoen.
  • Die doelwit is om teen 2020 net volhoubare katoen te gebruik. Dit is deel van H&M se oogmerk om volhoubare mode-items van goeie gehalte vir soveel mense moontlik beskikbaar te stel.

Mode vir ’n goeie saak? Ons wil deel daarvan wees!

Lees ook

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 kopdoekstyle vir enige seisoen

Vat hierdie fleurige neiging kop toe!

Close