×
Skakel na Engels

“Dankie vir die medikasie” Dogter met AGHS se boodskap aan haar ma.

Dis vir enige ouer moeilik om te besluit of hul kind met AGHS medikasie moet neem. Hoe weet jy of jy die regte keuse gedoen het? Hierdie dogter weet haar ma het die regte besluit geneem en is vandag dankbaar daarvoor.
adhd

Jessica McCabe, ’n vrou by wie aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) gediagnoseer is toe sy 12 jaar oud was, het onlangs in die nuus gekom met ’n video en ’n brief wat sy op sosiale media aan haar ma opgedra het.

In die video bedank die 34-jarige aktrise haar ma dat sy dapper was en die regte besluit geneem het om ondanks kritiek en veroordelingvir haar medikasie te gee. Jessica het dié boodskap aan haar ma op 12 Mei 2017 ter viering van Moedersdag geplaas. In hierdie kort tyd het haar kragtige boodskap by baie mense ’n snaar aangeroer en is haar plasing meer as 3 000 keer gedeel.

Jessica het aan TODAY Parents gesê sy was ’n begaafde kind en het in die laerskool goed gevaar, maar in haar jare in die middelbare skool het sy gesukkel. Dit is toe haar ma, Rebecca Lynn McCabe, haar vir evaluasie eers na ’n dokter en toe na ’n sielkundige geneem het.

In die plasing met die titel “What I want to say to my mom, who ‘drugged’ me” begin Jessica deur dankie te sê. Sy bedank haar ma dat sy die moeite gedoen het om uit te vind wat met haar fout is. Op ’n jong ouderdom het Jessica se ma na haar geluister toe sy vir haar gesê het sy het hulp nodig. 

“Danksy jou het ek die behandeling gekry wat ek nodig gehad het; ek het beter op skool gevaar; ek het meer selfvertroue gehad; en ek kon my potensiaal verwesenlik. Danksy jou het ek nooit selfmedikasie toegepas nie, soos so baie AGHS-lyers wat ek ken, gedoen het. Ek het nooit in depressie verval nie,” sê sy toe sy begin emosioneel raak. “Ek het nooit op myself hoop opgegee nie. Ek het nooit misverstane gevoel nie. Jy het verstaan. Jy het my geglo. En toe jy [my geglo] het, toe jy my na ’n dokter geneem het wat aan my kon verduidelik wat in my brein gebeur, het jy soveel skaamte weggeneem.”

Lees die hele Facebook-plasing hier: 

Kyk hier na die  video van “What I want to say to my mom, who ‘drugged’ me”:

Wat is AGHS?

Volgens Health24 is AGHS ’n neurologiese sindroom wat deur swak konsentrasie en organisatoriese vermoëns gekenmerk word, asook hoë frustrasievlakke en die onvermoë om te “filter”, wat daartoe lei dat die lyer sê wat ook al in sy/haar gedagtes is. AGHS kom in sowel kinders as volwassenes voor.

 

LEES OOK:

Hoop vir kinders met AGHS

Kan omega 3 jou kind met AGHS help?

Lees dít voordat jy vir jou kind hierdie “speelding” koop

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kan omega 3 jou kind met AGHS help?

Om kinders met neurogedragstoestande te hanteer is ’n uitdaging vir ouers én kenners. Volgens Andrea du Plessis, ’n dieetkundige van...

Close