×

My dagboek: Dorah Sitole

dinner service set

Dorah Sitole, ’n kosskrywer en -stilis, voormalige tydskrifredakteur, kookboekskrywer, ma van drie en ouma van een, praat oor die liefde, verlies en die punt in haar lewe toe sy uiteindelik na hartelus kon kook

MY MA, ROSE, HET VIR MY HIERDIE NORITAKEEETSTEL AS TROUGESKENK GEGEE. Ek het reeds van kook gehou en was geraak dat sy gespaar het om vir my sulke fyn porselein te koop sodat ek kon onthaal. Toe ek klein was, het sy ons kinders gestuur om by my pa se familie in die Oos-Rand te gaan bly. Daar was min kos. Eers toe ek begin werk het en bestanddele kon bekostig, het ek na hartelus begin kook.

dinner service set

MY EERSTE KOOKBOEK, RECIPES WITH A TOUCH OF AFRICA (Via Afrika), is in 1994 gepubliseer en het binne drie maande uitverkoop. Cooking from Cape to Cairo (NB Uitgewers) beskryf Afrika se stapelvoedsel – van palmolie en speserye in Wes-Afrika tot koeskoes en Arabiese kos in Noord-Afrika. Verstedeliking en blootstelling aan veral Indiese kos het óns kos meer pikant gemaak.

resize_1

DIT IS DIE BOODSKAP WAT MY OORLEDE MAN, ARCHIE, IN ’N KOOKBOEK GESKRYF HET wat hy vir my gegee het – 40 jaar later gebruik ek dit steeds vir basiese resepte. Ek was 24 toe ons getrou het. Hy was ’n liefdevolle mens en intelligent, suksesvol en ambisieus – maar alles wat hy gedoen het, was uit liefde.

resize_7

DIT WAS EEN VAN TWEE UITRUSTINGS WAT EK VIR MY TROUE IN 1978 gedra het. Ek was destyds baie braaf. Ek het geweier om iets met kant te dra. Ek was die mees ontspanne bruid. Ons het reeds ’n huis gekoop en ek het uitgesien na ’n goeie lewe. Ek wou alles hê wat ek nie gehad het toe ek jonk was nie. Waarvoor ek gewens het, het ek laat gebeur.

resize_2

MY DOGTER PHUMI HET VIR MY DIÉ BYBEL GEGEE. Sy studeer vir haar meestersgraad in die uitvoerende kunste aan die Columbië-universiteit in New York. Ek voel na aan haar wanneer ek dit lees.

resize_5

EK HET IN 2007 DIE EERSTE PRESIDENTSTOEKENNING van die Suid-Afrikaanse Sjefsvereniging ontvang vir my bydrae tot die land se gasvryheidsbedryf. Ek was ’n kosredakteur by ’n tydskrif en al het ek internasionaal gekook en ’n TVkosprogram aangebied, kon ek nie glo professionele sjefs neem my ernstig op nie. Die prys het my selfvertroue gegee.

resize_6

EK HET MY SEUN SIFISO SE SKOENE VERBRONS toe hy so ses jaar oud was. Op 12 het hy ’n asma-aanval by die skool gehad en hy is oorlede kort nadat ons by die hospitaal gekom het. Ek dink nie ek sou die verlies kon oorleef as ek nie aan lewe ná die dood geglo het nie.

resize_4

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 stappe om van sentimentele, maar onnodige items ontslae te raak

Glo ons maar: Jy sal beter voel as jy dit eers laat gaan

Close