×
Skakel na Engels

Clinique se resep vir sukses

Smart-serum, die toekoms van vooraanstaande teenverouderingvelsorg

 

 

Vyf jaar gelede het Clinique aan ’n “meesterlike serum” begin werk: een formule wat suksesvol in jou vel se veranderende behoeftes sal kan voorsien. Talle grootskaalse proewe en 37 patente later stel die pionier van kosmetiese produkte wat deur ’n dermatoloog getoets is uiteindelik die Clinique Smart Custom-Repair Serum bekend.

 

 

Absoluut geniaal

 

Die naam verwys na die “slim” wetenskap in die formulering van dié serum: Dis ’n skoonheidsproduk wat op sellulêre kommunikasie reageer om vas te stel watter soort herstelwerk jou spesifieke vel op hierdie spesifieke oomblik in jou lewe nodig het. En wanneer dié behoeftes verander (môre, volgende jaar of oor die volgende vyf jaar), word ander molekules geaktiveer om in die nuwe behoeftes te voorsien.

 

Dit klink ’n bietjie soos wetenskapfiksie, nè? Die “wetenskap”-deel is reg, maar hierdie is feite, nié fiksie nie.

 

In ’n kliniese proefneming oor 12 weke is bevind dat die voorkoms van fyn lyntjies, plooie, ’n onegalige veltoon en donker merke alles beduidend verbeter het.

 

VOOR en NA

 

 

VOOR en NA

 

 

 

VOOR en NA

 

 

 

 

 

Wat dit interessant maak, is dat die deelnemers almal verskillende ouerdomme en uit agt verskillende etniese agtergronde was.

 

Hoe kan een produk dit alles vir al hierdie mense doen?

 

 

Die wonder van peptiede

 

Clinique Smart kan verskillende probleme in verskillende veltipes help herstel omdat dit peptiede (saam met ander aktiewe bestanddele) bevat. Dié molekules heg aan reseptorplekke op jou velselle vas en waar dié selle beskadig is, moedig dit sellulêre sintese aan, m.a.w. beskadigde vel begin gesonder selle produseer wat met mekaar kommunikeer soos die velselle gemaak het voordat dit beskadig is. Mettertyd verbeter jou vel se voorkoms en lyk en tree dit jonger op. Sekere peptiede moedig selle in ’n onferm vel aan om meer kollageen te vervaardig (Hoera! ’n Fermer vel sonder om gim toe te gaan!); ander aktiveer selle om van sellulêre neerslag soos donker vlekke ontslae te raak en party ander kan plooivorming reguleer. (Dis jou gelukkige dag!)

 

 

Fantastiese formule

 

Die formule bevat ook ’n “strelende kompleks om jou vel te kalmeer en dit vir herstelling voor te berei”, sê dr. Tom Mammone, Clinique se uitvoerende direkteur van velfisiologie en -farmakologie. Dis danksy die gebruik van rooi alge en soethout. Dit bevat ook wandherstellende bestanddele, verhelderingselemente en bevogtigende ekstrakte. Met ’n produk wat beloof om individue se individuele probleme op te los, kom dit natuurlik op die formulering neer: Die regte peptiede, ensieme en ander bestanddele moet teenwoordig wees. Dr. Mammone het juis dié punt aangeraak by die bekendstelling van Clinique Smart. “Ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie: Dit was ’n geweldige uitdaging om al hierdie verskillende bestanddele te optimaliseer en dit te laat saamwerk. Dit het baie jare en baie verskillende rigtings gekos om die bestanddele sover te kry om na die beste van hul vermoë saam te werk,” het hy gesê.

 

Die resultaat is ’n luukse, syagtige, ligte teenverouderingserum met ’n mat afwerking wat jou vel ’n subtiele gloed gee. Dis reukloos en geskik vir mense van enige herkoms, ouderdom en velsoort.

“Clinique Smart Custom-Repair Serum doen wat vir jóú vel reg is en jou vel alleen,” het Janet Pardo, die senior visepresident van produkontwikkeling vir Clinique wêreldwyd, tydens die bekendstelling gesê. “Ons glo dat die idee van ‘pasklaar’ en ‘slim’ die toekoms is.”

 

 

Aanwysings

 

Wend soggens en saans aan, gevolg deur ’n bevogtiger. (Gebruik altyd ’n sonskermmiddel – jy moet dit in elk geval doen, maar soos met baie ander hoogs aktiewe velvoorbereidingsmiddels is dit veral belangrik wanneer jy dié serum gebruik.)

 

 

Kyk hierdie video om te sien hoe om Clinique Smart aan te wend

 

 

 

Om meer oor Clinique Smart uit te vind besoek www.clinique.co.za,  of lees hierdie artikels Cosmopilitan, Marie Claire, O Magazine

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 maniere om jou vel seepglad te kry

Jou vel is op sy sensitiefste ná jou haarverwyderingsroetine. Dié stappe sal verseker dat jou vel glad bly en nie...

Close