×
Skakel na Engels

Chad Saaiman rock dit in die Renault Captur Sunset

Die musikant Chad Saaiman ry stylvol van venue na venue in hierdie Renault-pragstuk.
renault captur

Chad Saaiman, musikant en kunstenaar, weet maar al te goed hoe frustrerend dit kan wees om sy toerusting van venue na venue te karwei. In ’n poging om te kyk hoe hy sy ritte makliker, sy las ’n bietjie ligter en sy rondritsery in die stad doeltreffender kan maak, het hy ’n week met die splinternuwe Renault Captur Sunset deurgebring.

Volgens Chad het die pragtige, kompakte Renault Captur dit alles reggekry.

MEER OOR DIE RENAULT CAPTUR

Die Renault Captur Sunset, wat gebou is met liefhebbers van die lewe in gedagte, is ’n manier om elke oomblik te geniet, elke sekonde ten volle te leef en die lewe vas te vang (te “capture”).

Renault Captur 88 kW Turbo EDC Dynamique

Die dieselaangedrewe Dynamique is die perfekte toevoeging tot sy drie petrolaangedrewe sibbe in die reeks: die Dynamique EDC, met Renault se nuwe-generasie-1.2 liter-88 kW-EDC Turbo-kragbron; die Dynamique 66 kW Turbo; en die Expression 66 kW Turbo.

Renault Captur se gewildheid en prestasie het daarvoor gesorg dat die voertuig konsekwent die tweede plek in Suid-Afrika se hoogs mededingende B-segment vir klein nutsvoertuie (SUV) in die oorkruiskategorie behaal het.

Die Renault Captur het die persoonlikheid van ’n klein nutsvoertuig, die ruimheid van ’n veeldoelige voertuig (MPV) en die dinamiek van ’n luikrugmotor. Wat meer wil jy hê?

Besoek Women on Wheels vir nog inligting oor hoekom die Captur ’n briljante toevoeging tot die gesin (of musiekgroep) sal wees.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
15 noodsaaklike artikels om in jou kar te hou

Hou die volgende noodsaaklikhede byderhand in jou motor, of jy nou ver of naby reis.

Close