×
Skakel na Engels

brightFuture | Gesinspretdag

Kom geniet die dag saam met ons by ons eerste Goeie Huishouding-gesinspretdag op die prentjiemooi Backsberg-wynlandgoed, Suid-Afrika se eerste koolstofneutrale wynplaas.

’n Gesinspretdag met hope aktiwiteite en vermaak vir die hele gesin!

Ons beplan ’n dag propvol kinderaktiwiteite, asook heerlike musiekvermaak van twee van Suid-Afrika se opwindendste groepe, GoodLuck en TouchWood, en smullekker kos van sommige van Suid-Afrika se beste kostrokke. Die dag sal ook fokus op hoe ons ’n beter wêreld vir die nageslag kan skep en die belangrike rol wat kinders in Suid-Afrika behoort te speel.

Kinders tussen 2 en 16 jaar betaal net R20 vir ’n dag van eindelose pretaktiwiteite! Daar is meer as 30 kinderaktiwiteite! Dis ’n prettige dag vir die hele gesin.

WANNEER: 10 April 2016

WAAR: Backsberg-wynlandgoed, Paarl

TYD: 11:00 TOT 16:00

PRYS:

Volwassenes: R120 elk (dit sluit ’n GRATIS drie-maande-intekening op die Goeie Huishouding-tydskrif of ’n vier-maande-intekening op die digitale weergawe in; R10 van elke kaartjie sal aan die liefdadigheidsorganisasie Save The Children geskenk word)

Kinders: (2 tot 16 jaar) R20 elk (sluit ALLE kinderaktiwiteite vir die dag in)

Dis waarna jy kan uitsien

Gratis toegang vir kinders onder twee en pensioenarisse
• Musiekoptredes deur GoodLuck en TouchWood
• Opwindende eko-karnaval: Kinders kan tradisionele karnavalspeletjies met herwinde produkte geniet.
• Pragtige piekniekplek. Gourmet-kostrokke sal op verskillende plekke by die venue geparkeer wees en Backsberg-wyne (teen kelderpryse) en boetiekbier sal aan volwassenes te koop wees.
• Wynproestalletjie: R15 om 5 wyne te proe of 4 wyne en 1 brandewyn.
• Liezl van der Westhuizen gaan ons gasaanbieder wees.
• Kfm is ons platejoggies vir die dag en gaan regstreeks na die ateljee oorskakel.
• Fotostalletjie waar jy op die “voorblad” van Goeie Huishouding afgeneem kan word.
• Gaste kan deur die loop van die dag lekker pryse wen.
• ’n Geleentheid om die aarde te help bewaar deur Unilever se #SendASeed-veldtog te ondersteun. Deur jou naam vir die veldtog op te gee, sal ’n boom namens jou geplant word.
• Prettige, kreatiewe kunsvlytstalletjies onder toesig en met ’n klem op herwinning.
• Ontmoet Kellogg’s se apie, Coco.
• ’n Danskompetisie en lekker pryse saam met Coco die apie.
• Tradisionele speletjies (soos eier-en-lepel-resies, driebeenwedloop, sakresies en hoelahoepel-kompetisies), asook fantastiese pryse vir deelnemers.
• Storievertelling vir kinders.
• Professionele gesigverf en ballondiere.
• Hansdieretuin (bokke, skape, varkies, poue, ganse, eende, hoenders, marmotjies, skilpaaie en konyne).
• Kunsvlytstalletjie waar kinders modelle kan bou, asook ’n kompetisie met wonderlike pryse.
• Balput
• Danslesse en prettige, opvoedkundige optredes.
• Produkmonsters en geskenksakke.
• Lotingkaartjies sal te koop wees (alle opbrengste – saam met R10 van elke kaartjie wat verkoop is – sal aan Save the Children geskenk word) en jy kan fantastiese pryse wen en boonop ’n goeie daad ondersteun.

Save the Children: R10 van elke kaartjie sal aan hierdie liefdadigheidsorganisasie geskenk word

 

Deel jou gedagtes met ons:

#GHFunDay

#brightFutureSA 

 

Hierdie geleentheid word met trots aan jou gebring deur Goeie Huishouding, Unilever, Kellogg’s en NutriDay

 

KAARTJIES:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Peusel en bak slim met NutriDay-jogurt

NutriDay-jogurt is romerig en heerlik en nie net die perfekte slim happie nie, maar ook ’n veelsydige staatmaker in die...

Close