×
Skakel na Engels

Brei-’n-ry-en-gly Liefdadigheidsprojek

Om te brei, is weer hoogmode te danke aan die skeppers van MeAMama-kraamdrag

Om te brei is weer hoogmode, te danke aan MeAMama, ʼn maatskappy wat stylvolle klere vir swangers vroue maak. MeAMama het Maandag 14 Mei ʼn liefdadigheidsprojek geloods waarin hulle beoog om 1 000 kombersies te brei vir babas wat wees gelaat is.

 

Elle Yarns het 8 000 pragtige bolle wol en 400 breipenne vir die projek geskenk en die oulike mense by Knead het vier “Mad Knitters”-teepartytjies aangebied om die projek bekend te stel.

 

Sluit gerus by hulle aan en brei vir solank jy kan. Jy kan jou breiwerk in die spesiale houers los vir iemand anders om mee aan te gaan – dis amper soos ʼn brei-aflos!

 

Jy kan enige tyd in Mei en Junie by die “Me and You”-winkel by 103 Sir Lowry Str, Woodstock EN by alle Knead-bakerye in Kaapstad gaan brei.

 

Om te sien hoe die kombersies vorder,  ‘like’ MeAMama Maternity op Facebook of besoek www.meamama.co.za.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vier fraai teepotte

’n Goeie teepot is soveel meer as net deel van jou kombuisware. Of jy nou van helder kleure of ’n...

Close