×
Skakel na Engels

Breekware-wenke

Nuttige wenke om jou lewe in die kombuis maklik te maak

 

 

Bêre sonder breekskade

  • Glasware moet met die regte kant na bo gebêre word. A dit onderstebo gepak word, plaas dit druk op die delikate rande, en vog wat slegte reuke veroorsaak, word binne-in vasgevang.
  • Borde en bakkies kan opgestapel word, nie bekers en glase nie.

 

Maak korte mette met vlekke

Probeer koeksoda. Maak ’n pasta met ’n bietjie water aan om:

  • Vlekke uit koppies te verwyder.
  • Metaalmerke te verwyder wat eetgerei op borde veroorsaak het.
  • Onaangename reuke van plastiek te verwyder.

 

 

Stuur kolle met vakansie

  • Plaas glase wat skottelgoedwasserbestand is tussen die masjien se rakpenne en nie bo-oor nie om breekskade en merke te verhoed.
  • Laat glasware wat met die hand gewas is op ’n afdroogdoek lugdroog word om te verhinder dat die rande splinter.

 

 

Maak jou silwerware skoon …

… deur dit in die skottelgoedwasser te sit – maar nooit in dieselfde mandjie as eetgerei van vlekvrye staal nie. Dit kan die silwer onherstelbaar vreet indien die metale aan mekaar raak.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vinnige kombuiskunsie

8 sekondes om ’n hele houertjie tamaties op te sny? Ja, regtig! Kyk dit hier:

Close