×

Brandveiligheidswenke wat jy moet ken

Dis brandseisoen! Knyp ‘n minuut af en lees ADT se brandveiligheidswenke; jy kan dalk ‘n tragedie voorkom
brandveiligheidswenke

 

Lees hierdie belangrike wenke oor brandveiligheid van ADT, en praat met jou kinders oor wat om in die geval van ‘n brand te doen.

  • Moenie kragproppe oorlaai of elektriese kabels onderdeur matte aanlê nie.
  • Beplan en oefen ‘n ontsnappingsroete – daar moet twee maniere wees om uit elke slaapkamer te kom.
  • Hou die brandweernommer naby die telefoon en memoriseer dit.
  • Kruip oor die vloer wanneer daar rook is.
  • Moet nooit ‘n deur oopmaak wat warm voel nie.
  • Maak almal in die huis wakker as daar ‘n brand is.
  • As jou klere aan die brand slaan, GAAN STAAN, VAL PLAT EN ROL.
  • Reël dat julle mekaar op ‘n veilige plek buite die huis kry.
  • Moenie weer by die huis ingaan vir troeteldiere* of persoonlike besittings nie. (*Dit klink dalk wreed, maar dit kan jou lewe kos.)
  • Moenie die brand self probeer blus tensy dit veilig is om dit te doen nie.
  • Hou ‘n brandblusser op elke verdieping van jou huis en maak seker dat dit in ‘n werkende toestand is.
  • Oorweeg dit om ‘n koolstofmonoksied-brandverklikker aan te skaf: Dit is ‘n veilige, doeltreffende en onopvallende manier om ‘n huis of onderneming teen brandgevaar te beskerm aangesien dit as ‘n vroeë waarskuwing teen ‘n potensiële brand kan dien.

Lees nog

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief