×
Skakel na Engels

Braai veilig

Vyf veiligheidswenke vir wanneer julle braai

VEILIGHEID EERSTE

 

1. Maak seker jou braai is minstens 3 meter van jou huis af (selfs verder as jy kan, veral as jou huis ’n grasdak het.)

2. Die opbou van ghries op braairoosters kan maklik aan die brand raak – maak joune gereeld skoon.

3. Hou ’n sproeibottel met water byderhand vir klein opvlammings en maak seker jy het ’n brandblusser wat behoorlik werk.

4. Maak seker jou noodhulpkissie bevat Burnshield of ’n soortgelyke topikale behandeling vir brandwonde.

5. Bensien en paraffien is gevaarlik – gebruik dit spaarsaam om kole aan die brand te kry, maar nooit op oop vlamme nie. Gebruik liewer geskikte vuuraanstekers.

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 blomkoolresepte vir Banters

Soek jy idees vir blomkool? Probeer dié lekker maaltye. Deur Leah van Deventer

Close