×
Skakel na Engels

Borskanker- bewusmakingsmaand met Virgin Money

Virgin Money se nuwe pienk kredietkaart is ʼn moet-hê vir jou beursie en dis boonop verniet!

Oktober is Borskanker-bewusmakingsmaand en dus soveel te meer rede om Virgin Money se nuwe – en gratis! – pienk kredietkaart te kry.

 

Dié maand sal alle nuwe aansoekers en kaarthouers wat hul kaarte moet hernu, ʼn pienk lintjie ontvang wat deur lede van die Woza Moya-projek met die hand gemaak is. Hierdie projek is ʼn inkomste-genererende projek van die Hillcrest AIDS Centre Trust, waar hulle mense bemagtig deur hulle handwerkvaardighede te leer sodat hulle finansieel selfonderhoudend kan wees.

 

Die Virgin Money-kredietkaart, wat nou hernoem is tot “mine” (myne), het in Mei 2012 ʼn nuwe voorkoms gekry en kliënte kan nou kies tussen ʼn byderwetse swart, smeulende rooi of parmantige pienk kaart. Die kaarte het nou ook ʼn e-skyfie en ʼn PIN vir ekstra sekuriteit. Die Virgin Money-kredietkaart is die eerste – en steeds die enigste – kredietkaart in Suid-Afrika waarvoor jy nie ʼn maandelikse of jaarlikse fooi betaal net vir die voorreg om die kaart in jou beursie te mag hê nie.

 

Die Virgin Money-kredietkaart, wat deur die verbruikerswebtuiste Thinkmoney (www.thinkmoney.co.za) as die bekostigbaarste kredietkaart in Suid-Afrika sedert 2006 aangewys is, hef nie ʼn fooi vir internetbankdienste of om by sy beloningsprogram te kan aansluit nie.

 

Vir verdere inligting, besoek gerus www.virginmoneycard.co.za.

 

Wat is die kans dat jy borskanker kan kry? Vind uit.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Nampak se groot Trek for Trash begin

Die avonturiers vir sosiale verandering Michael Baretta en Camilla Howard tel die dae af na die begin van hul ekspedisie...

Close