1. Tandestokkie-truuk
Die bakkers by Charly’s Bakery kan nie sonder hul tandestokkies klaarkom nie. Gebruik dit om die ontwerp op die koek te merk voordat jy begin versier. Om jou fondant stadig te kleur, doop een kant van ’n tandestokkie in die voedselkleursel en voeg druppels by die fondant.
2. Versier maklik
Die regte versiersakke sal dit prettig en maklik maak om jou koeke, kolwyntjies en klein koekies te versier. Die Love to Bake-versiersakke is maklik en gemaklik om te gebruik en kom met ’n tuit.
3. Fantasties elasties
Hier is ’n wenk van die Angels by Charly’s Bakery: Om te keer dat jou versiersel in die versiersak rondbeweeg en aan die ander kant uitpeul, maak die sak net halfvol en maak dit met ’n rekkie vas waar die versiersel ophou. Jy sal meer beheer hê en hoef minder druk toe te pas wanneer jy versier.
4. Kies die regte tuit
Yuppiechef het ’n wonderlike reeks tuite wat jou sal help om jou koeke en kolwyntjies perfek af te rond.
5. Bakpapier
Om te verseker dat jou koek perfek uitkom en bly, voer jou koekpanner met bakpapier uit sodat dit nie aan die kante en bodem van die pan vassit nie. Glad Bake & Cooking Paper word van hoëgehalte-bak-en-kookpapier gemaak wat 20% meer kleefwerend is.
6. Kenwood Chef Titanium
Dié veelsydige beperkte-oplaag-kosapparaat in wit titaan is ontwerp om bestanddele maklik te knie, klop, klits, in te vou en meer. Dit het ’n glasmengbak wat jou help om die mengproses maklik te monitor. Daar is ook die sjoe-faktor wat dit na enige kombuis bring.