×
Skakel na Engels

Blykbaar is dít die belangrikste gesinswaarde om jou kinders te leer

Is dit op jou gesinslewe van toepassing?
family values

’n Verbysterende 96% van respondente in ’n onlangse peiling glo dat dit hul kinders op ’n gelukkige lewe voorberei as hulle sterk gesinswaardes het.

Die studie, wat deur die witgoedere-handelsmerk Beko uitgevoer is, het getoon dat gesinswaardes steeds in die 21ste eeu tel, selfs al lyk dit outyds.

Goeie tafelmaniere was boaan die lys, gevolg deur respek vir ouer mense en om eerlik en waarheidliewend te wees.

Slegs die helfte van die deelnemers het gesê gereelde gehaltetyd, soos om saam te eet, is belangrik vir ’n gesinslewe. Altesaam 83% glo egter ook dat gesinsmaaltye die belangrikste tyd saam is.

Om nie met jou mond vol kos te praat nie en om op te staan vir die mense wat jy liefhet, was ook hoog op die lys.

Handhaaf jou gesin al hierdie waardes? Hier is die volledige lys:

1) Goeie tafelmaniere – 76%
2) Om eerlik en waarheidliewend te wees  – 73%
3) Om ouer mense te respekteer – 69%
4) Om nie met jou mond vol kos te praat nie – 66%
5) Om op te staan vir die mense wat jy liefhet – 64%
6) Sê asseblief en dankie – 59%
7) Was jou hande voor ete – 58%
8) Almal moet help met gesinswerkies – 58% 
9) Die belangrikheid van herwinning – 53%
10) Gereelde gehaltetyd met die hele gesin – 49%
11) Die belangrikheid van gesonde eetgewoontes – 48%
12) Geen iPads of iPhones aan etenstafel nie – 46%
13) Respekteer ander mense se geloof en kultuur – 44%
14) Wees ’n spanspeler – 43%
15) Eet altyd Sondagmiddagete saam – 43%
16) Kyk iemand altyd in die oë wanneer jy hulle ontmoet – 40%
17) Stuur dankie-e-posse vir verjaardae en Kersfees – 38%
18) Kinders moet vra of hulle die tafel kan verlaat – 36%
19) Gelyke kindersorg van albei ouers – 36%
20) Gelyke verdeling van take tussen albei ouers – 31%
21) Geen bakleiery oor die afstandbeheer nie – 29%
22) Om ’n stewige handdruk te hê – 26%
23) Om nie op iemand anders se Facebook-profiel rond te snuffel nie – 25%
24) Om via FaceTime en Skype met familielede in kontak te bly – 17%

Van: Good Housekeeping UK

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 fantastiese wegbreke vir die gesin

Dis nie te laat om jou vakansie te beplan nie! Ons vertel jou van ’n paar van ons gunstelingplekke vir...

Close