×
Skakel na Engels

Blitsig skoon: Vuil stoepe en patio’s

As vlekke op jou buitelug-oppervlakke maak dat jy liewer binne bly, probeer dié vinnige skoonmaakwenke

 

 

1. Wis blare se vlekke uit

 

Blare wat wissel is pragtig, maar die tannien daarin kan lelike merke agterlaat. Verwyder dit só:

  • Spuit die area goed met ’n tuinslang af.
  • Gebruik ’n huishoudelike roesverwyderaar soos 30 Seconds.
  • Spuit dit op en laat vir 30 sekondes staan. Maak seker jy dra rubberhandskoene om jou hande te beskerm.
  • Was dit met water af.
  • Spuit die area met ’n tuinslang skoon.

 

 

2. Weg met muf

 

Verwyder vlekke só wat deur die klammigheid onder potte en plantoorblyfsels veroorsaak word:

  • Meng 2 koppies vloeibare chloorbleikmiddel en 2½ eetlepels waspoeier met 1,5 liter warm water.
  • Week die vlek met hierdie oplossing en laat dit vir 10 tot 15 minute staan. Maak dit weer nat indien dit halfpad deur begin droog raak.
  • Skrop dit met ’n harde borsel. Beskerm jou hande met rubberhandskoene.
  • Spuit dit goed af. Bleikmiddel kan die oppervlak (veral hout) beskadig.

 

 

Maak dit volgende keer makliker:

• Snoei takke wat oorhel en hark/vee nat blare, dennenaalde en ander plantmateriaal so gou as moontlik op om vlekke te voorkom.

• Sit potte en plantbakke op staanders om te keer dat muf en skimmel daaronder vorm.

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Starke Ayres-snoeiskêr

Goeie waarde

Close