×
Skakel na Engels

Blitsig skoon: Vere-duvets

Spaaar tyd wanneer jy jou duvet was
folded laundry on a washing machine

folded laundry on a washing machine

In ’n bolaaiwasmasjien

As jou masjien ’n middelstok het, moet jy liefs net enkelgrootte duvets daarin was; groteres sal dalk nie skoon was nie en kan beskadig. Neem dubbelbed-grootte en groter duvets na die wassery. Vir ’n enkelbed-duvet, behandel vlekke vooraf en plaas dit in die leë masjien. Kies ’n siklus wat sagkens was en die hoogste watervlak, met ’n ekstra spoel en wentelsiklus. Voeg vloeibare wasmiddel by die water terwyl dit in die drom inloop.

 

In ’n voorlaaiwasmasjien

Dié masjiene en bolaaiwasmasjiene sonder ’n middelstok is oor die algemeen groot genoeg vir koningin- en selfs koningsgrootte vereduvets. Dit het gewoonlik ook vooraf ingestelde siklusse wat ’n tweede spoel insluit en die wentelspoed verlaag om bonkige items soos dié beddegoed doeltreffend te was. As jou masjien nie ’n spesiale beddegoedsiklus het nie, kies die normale siklus en voeg self die bogenoemde opsies by.

 

Laat só droogword

Kies ’n lae hittegraad op jou tuimeldroër en plaas ’n paar tennisballe binne-in om die bondels uit te bons. As jy nie tennisballe het nie, stop die tuimeldroër ’n paar keer om self enige “klonte” uit te pluis.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Een huishoudelike item wat jy vandág moet vervang

’n Pyn in die nek. Dis letterlik wat ’n pap kussing jou sal gee

Close