×
Skakel na Engels

Blaas nuwe lewe in jou werkvoorkoms met dié modieuse uitrusting-idees

Kikker jou kantoordrag op

Die tweestuk

Bypassende tops en broeke is terug op die moderadar. Dit lyk vleiend wanneer dit saam gedra word omdat dit jou lyf langer laat vertoon. Kies vertikale strepe om jouself kamma nog lengte te gee.

Top R419 en palazzobroek R529, albei van Zara | Moulose baadjie R1 299, Forever New | Oorbelle R170, Colette by Colette Hayman | Handsak R399, Zara

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

’n Wit broek

Moenie dat wit broeke jou afskrik nie – dit kan vleiend en veelsydig wees wanneer dit reg gedra word! Dra dit met ’n bloes (kyk vir een met byderwetse pofmoue) en hoëhakskoene vir ’n stylvolle werkvoorkoms, of met sandale vir ’n somermooi naweekvoorkoms.

Bloes R699 en broek R699, albei van Witchery | Oorbelle R449, Mimco | Hangertjie R200, Colette by Colette Hayman | Armband R185, Lulu Belle. Munt-armband R170, Colette by Colette Hayman | Serp R599, Trenery | Handsak R699, Forever 21 | Sandale R869, Charles & Keith

Die oorvouhemp

Dit is die moderne vrou se nuwe werkshemp. Die diep V-hals en die strik wat die smalste deel van die bolyf beklemtoon, maak dié hemp besonder vleiend.

Hemp R280, The Fix | Broek R699, Poetry | Oorbelle R95, Call It Spring | Armband R185, Lulu Belle

Die hemprok

Elke werkklerekas het ’n hemprok nodig. Dra joune met die moderne alternatief vir ’n handsak, die rugsak, en wit brogues of tekkies vir ’n gemaklike dog sjiek voorkoms.

Hemprok R799, Poetry | Oorbelle R95, Call It Spring | Belt (sakband word as ’n belt gedra) R799 (saam met sak beskikbaar) en rugsak R699, albei van Aldo | Brogues R2 990, Europa Art

Die geborduurde hemp

Die betroubare wit hemp kry ’n nuwe voorkoms met mooi geborduurde blomme, en dit lyk fantasties by ’n netjiese potloodromp.

Hemp R629, Zara | Romp R799, Forever New | Handsak R799, Aldo

Die moderne culotte

’n Getailleerde culotte behoort boaan jou lysie van nuwe kantoordrag te wees. Omdat dit so veelsydig is en by ’n netjiese T-hemp, kraaghemp of baadjie gedra kan word, sal jy dit maklik elke dag van nege tot vyf wil dra.

Kamisool (onder die bloes gedra) R89,95, Woolworths | Bloes R459, The Lot | Baadjie R549, Forever 21 | Culotte R999, Topshop | Oorbelle R720, Matter of Fakt | Tekkies R699, Call It Spring

Kleurknal

Smaraggroen is hierdie seisoen groot nuus, en dit werk goed saam met verskeie neutrale kleure om jou klerekas ’n bietjie oemf te gee.

Hemp R170, Ackermans | Jas R1 499, Zara | Culotte R929, Topshop | Handsak R799, Aldo | Skoene R849, Charles & Keith

Speelse lae

Dra ’n veelsydige moulose top bo-oor ’n bloes vir ’n anderse voorkoms. Interessante moue is ook tans in die mode. Kyk dus uit vir treffende detail wanneer jy nuwe bloese koop.

Bloes R329, H&M | Moulose top R699 en romp R829, albei van Zara | Oorbelle R99, Call It Spring | Armande R449 elk, Mimco

LEES OOK:

Trek só vir jou liggaamsvorm aan, sê GH se modespan

6 mode-items wat jy vir daardie vakansievoorkoms nodig het

Moet jy kantoordrag aantrek as jy van die huis af werk?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Moet-hê-modekopie: Culotte

Daar's min broeke wat so vleiend is!

Close