×
Skakel na Engels

Beteken Victoria Beckham se nuwe bob dat gerugte oor die Spice Girl-reünie waar is?

Ons kan nie anders as om te wonder of Victoria Beckham se nuwe sjiek bob iets met die onlangse gerugte oor ’n Spice Girl-reünie te make het nie
Victoria Beckham

Dis eintlik ’n óú nuwe haarstyl aangesien dié ster in die 90’s ook met ’n bob (toe die ikoniese Pob – “Posb-bob” genoem) gespog het. En destyds het sy met verskillende kleure en style geëksperimenteer – van blond tot brunet, en van opgetof tot steil. Vandag is haar snit egter supersjiek en byderwets met ’n kantkuif en hope tekstuur. Dis natuurlik die handewerk van haar gunsteling-haarstilis, Ken Paves, wat die resultate van haar nuwe kapsel op Instagram gedeel het. En die “likes” stroom in! Wat dink jy?

Sedert The Sun in November 2017 berig het dat al vyf sterre ingestem het vir nog ’n musiektoer, wag Spice Girl-aanhangers oor die wêreld heen steeds in spanning …

Van: Good Housekeeping UK

FOTO: Gallo Images/Getty Images

LEES OOK:

Reverse balayage is set to be the next big hair trend

How derma rolling can help those suffering from hair loss

6 ways to ensure you NEVER regret your haircut again!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die perfekte palmhandsakkie vir daai aandjie uit

Kyk hoekom hierdie sjiek handsakke op ons wenslysie is

Close