×
Skakel na Engels

Bestuur jou verhouding soos ’n onderneming

Dié drie strategieë sal jou vennootskap in ’n lonende liefdesbedryf omskep

 

 

Beginsel #1

 

KRAP WAAR DIT RéGTIG JEUK

 

Ons kan dalk verslae vol skryf oor alles van ons maat wat ons pla, maar hoeveel daarvan maak regtig saak? Bonnie Bruderer, uitvoerende hoof en stigter van VISS, ’n leierskapopleidingsorganisasie met groot kliënte soos Visa, stel voor dat jy ’n lys maak van die vyf belangrikste dinge wat jy van jou maat verlang – ’n goeie luistervermoë, meelewing, iemand wat liefderyk aan jou ore knibbel, wat ook al. Sy noem dit jou BBB-lys (Baie Belangrike Beginsels), en sê as jy dit op skrif stel, kan dit ’n baie nuttige gids vir jou man wees. “By die werk word presies vir jou uiteengesit wat van jou verwag word en jy word aan prestasiebeoordelings onderwerp om te evalueer of jy aan die verwagtings voldoen,” verduidelik Bruderer. Sy help haar kliënte op bestuursvlak met die uiteensetting van ’n BBB-lys vir werknemers. Wanneer jy jou huwelik op dieselfde manier benader, kan jy dalk agterkom dat die tandepastabuisie- sonder-die-proppie nie die einde van die wêreld is nie, want dit verbreek nie een van jou BBB-reëls nie. En indien dit wél aan jou krap, het jou maat duidelik nie ’n idee dat dit jou so erg ontstig nie.

 

 

 

Beginsel #2

 

DINK VIER-TEEN-EEN

 

As jy wil hê iemand moet sy gedrag verander, moet jy op sy positiewe eienskappe fokus, sê Scott Blanchard, uitvoerende vise-president by The Ken Blanchard Companies, ’n vooraanstaande leierskapontwikkelingsmaatskappy. “Wanneer jy voortdurend op slegte gedrag fokus, sal iemand dalk uit vrees saamwerk, maar die persoon sal nie floreer nie,” sê hy. Volgens Blanchard is die “towerformule” om vier positiewe boodskappe vir elke negatiewe een te lewer. “Ek het agtergekom dat wanneer ek dit in my werk en huwelik toepas, almal gelukkiger is.”

 

 

 

Principle #3

 

WERF DIE KLIënt

 

Jy’s ’n advertensiekonsultant wat ’n belangrike kliënt wil oortuig dat jóú maatskappy sy nuwe veldtog moet hanteer. Daag jy net onvoorbereid op? Natuurlik nie. Jy doen saans tot laat navorsing, werk deur video-insetsels en neem notas. Hoekom? Omdat jy wil hê die kliënt moet mal wees oor jou. Julie Spira, ’n voormalige tegnologie-grootkop wat ’n sakespreker en entrepreneur geword het, stel voor dat paartjies mekaar soos belangrike kliënte hanteer. “Maak beurte om een aand per week ’n afspraak te maak om uit te gaan,” sê sy. “Die gedagte is dat jou maat nie enigiets anders moet doen behalwe om op te daag nie.” Kry kaartjies vir ’n konsert of besoek een week ’n museum of ’n nuwe restaurant of gaan speel die volgende week tennis. “As jy nie moeite met jou werk doen nie, sal jou base jou afdank,” voeg Spira by. In ’n huwelik word dit egskeiding genoem …

 

– Deur Jenna McCarthy

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 lesers vertel van hul romantiese liefdesverklarings

Ons het lesers gevra om ons te vertel hoe hul mans hulle gevra het om te trou. Ons het gelag,...

Close