×
Skakel na Engels

Bestee só minder aan kos

Vyf wenke om jou spens en yskas in te span sodat jy minder mors en meer spaar

Jy hoef nie die markverslae te lees om te besef dat kospryse (weer) die hoogte in skiet nie: jy ervaar dit elke keer as jy gaan kruideniersware koop. En jy voel skuldig wanneer jy kos wat bederf het, moet weggooi.

 

Vyf maniere om jou kos langer te laat hou, en jou yskas en spens tiptop te hou:

 

1 Verpak só

Knip dit vas
Hou jou ontbytgraan en skyfies kraakvars met kosknippe wat sakkies dig verseël. Ons hou van Chef ’n Bag Clips (R80 vir vier, Yuppiechef) met nuttige magnete.

Ruil jou voorraad
Skuif ouer blikkies vorentoe sodat jy dit eerste gebruik wanneer jy nuwe kopies uitpak.

 

2 Pêrels van wysheid

Moet nooit suiwelprodukte of eiers in die yskasdeur, waar die temperatuur op die hoogste is, hou nie.

Plaas oorskietkos in sig, ná aan die voorkant, sodat jy kan onthou om dit binne vier dae te eet.

 

3 Hergebruik-reëls

Glashouers

Dit kan maklik skoongemaak word om weer souse, slaaisouse, sop en so meer in te bêre.

Ziplock-plastieksakkies

Dis moeilik om dié sakkies behoorlik skoon te maak, en bakterieë kan dus steeds daarin skuil.

Margarien/suiwelhouers en wegneemkos-houers

Dit kan nie in die skottelgoedwasser gewas word nie en kan selfs gedurende ’n handwassessie onbruikbaar raak.

 

4 ’n Bak plan met bakkies

Bêre kleiner houers binne-in grotes terwyl jy die deksels regop daarby staanmaak, of stapel dit regop in ’n geskikte houer.

 

5 Hou op raai

Jy kan nie net op grond van kos se kleur of reuk bepaal of dit bederf het nie. (Maar gooi dit dadelik weg as dit verdag ruik.)

 

 Lees ook:

Betaal al jou skuld af

Pasop vir versteekte kostes

Spaar só op jou kragrekening

 

Dié teks het oorspronklik in Goeie Huishouding verskyn.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Etikette vir jou spens

Dís nou ’n prettige, maklike én bekostigbare manier om jou spens te organiseer

Close