×
Skakel na Engels

Bestee jou geld slim dié feestyd

Ses wenke wat jou uit die rooi sal hou

Ons is geneig om oor die feestyd onnodig geld uit te gee en ons begroting te blaas op geskenke wat ons nie kan bekostig nie. Jy het egter nie sakke vol geld nodig om ʼn wonderlike tyd te hê en almal spesiaal te laat voel nie.

Hou dié ses besparingswenke in gedagte:

 

Sê net nee:

Stel ʼn begroting op en hou daarby. Moenie swig vir al die mooi goed in die winkels nie. As jou begroting dit nie toelaat nie, sê net nee.

 

Koop voor Kersfees:

Oorweeg dit om jou Kersinkopies deur die jaar te doen. As jy tot net voor Kersfees wag, sal die pryse aansienlik hoër wees.

 

Doen jou huiswerk:

Kyk eers ʼn bietjie rond en vergelyk pryse. Let mooi op na spesiale aanbiedinge – maak seker dat jy werklik waarde vir jou geld kry.

 

Sluk jou trots:

Vra familie en vriende vir  ʼn bydrae. Baie mense gee glad nie om nie en dis altyd lekker om ʼn ekstra bottel wyn of ʼn vrugtekoek in die huis te hê. As almal Kersdag by jou kom eet, kan jy ook jou gaste vir ʼn finansiële bydrae vra.

 

Speel ’n bietjie:

In plaas daarvan dat jy en jou geliefdes vir mekaar duur geskenke koop, kan julle eerder vir elkeen ʼn Kerskous koop. Stel dan ʼn limiet van byvoorbeeld R100 op en koop ʼn klomp klein maar bedagsame geskenke.  

 

Dis die gedagte wat tel:

Jy kan baie geld spaar met tuisgemaakte geskenke soos ʼn fles konfyt of ʼn blik koekies wat jy self gebak het. Dis pret om dié geskenke te maak en dis altyd lekker om iets só spesiaals te ontvang. Persoonlike geskenke beteken soveel meer en dit kos jou byna niks. 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief