×

Beskerm jouself teen antibiotikaweerstandige superkieme

Antimikrobiese weerstand hou ’n groot wêreldwye gesondheidsrisiko in. In Nasionale Antibiotikaweek kyk ons na hoe dit deur inentings in toom gehou kan word, asook deur die verantwoordelike gebruik van antibiotika
superkieme

 

Het jy al ooit een kursus antibiotika ná die ander gedrink sonder om beter te raak? Antimikrobiese weerstand (AMW) of die antibiotikaweerstandige superkiem is dalk die sondaar …

Wat op aarde is antibiotikaweerstandige superkieme?

Wanneer sommige mikro-organismes soos bakterieë, fungusse, parasiete en virusse aan medikasie soos antibiotika blootgestel word, verander dit van vorm en word weerstandig teen antibiotika. Die medikasie is nie meer doeltreffend om dit te dood nie; van daar die naam “antibiotikaweerstandige superkieme”. Dit hou ’n groot risiko vir wêreldwye gesondheid in.

Twee oplossings vir antibiotikaweerstandige superkieme

Pharma Dynamics, een van die land se grootste toonaangewende verskaffers van antibiotika, versprei bewustheid van AMW. Gedurende Nasionale Antibiotikaweek (14 tot 20 November) hou hulle ’n nasionale opvoedingsveldtog vir gesondheidsorgpraktisyns en verbruikers om oor die gevare van antibiotikaweerstandige superkieme te praat.

Hulle het twee maniere geïdentifiseer om antimikrobiese weerstand aan bande te lê: inenting, asook die verantwoordelike gebruik van antibiotika. Dié twee voorkomende maatreëls is belangrike fokuspunte in hul veldtog.

Hoekom inentings belangrik is

  • Inentings sal jou gesond hou en teen aansteeklike siektes en kwale beskerm.
  • Inentings sal jou immuunstelsel van ’n jong ouderdom af opbou.
  • Inentings is veilig en doeltreffend. Die risiko’s wat met siektes geassosieer word, is meer as dié wat met inentings geassosieer word.
  • Inentings sal keer dat die siekte versprei en kan toekomstige generasies teen siektes beskerm.
  • Inentings sal die koste van gesondheidskwessies op lang termyn verminder.

Deur antibiotika korrek te gebruik kan jy help om die aanvang van antibiotikaweerstandigheid te keer

Gebruik antibiotika net wanneer absoluut noodsaaklik en wanneer dit deur jou dokter voorgeskryf word.

  • Hou by die voorgeskrewe daaglikse dosis.
  • Moenie jou daaglikse dosis vermeerder om vinniger te probeer herstel nie.
  • Voltooi jou hele kursus antibiotika.
  • Gee jou liggaam ’n kans om eers die infeksie te beveg. Probeer tuisremedies voordat jy jou tot antibiotika wend.
  • Versterk jou immuunstelsel gedurende die griepseisoen.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoekom spring die beste oefening is

Spring verbrand meer kilojoules as draf, dit oefen jou kernspiere meer en dis boonop hope pret. Waarom sal jy nou...

Close