×
Skakel na Engels

Beskerm jou vel teen sonskade met Nimue

Verminder en keer hierdie somer die skadelike en velverouderende uitwerking van die son en verbeter die gesondheid van jou vel met Nimue se noodsaaklike sonsorgprodukte

Die skerp somerson het ’n skadelike uitwerking op die vel, maar met hierdie vier noodsaaklike produkte van Nimue kan jy verseker dat jou vel beskerm, bevog en gloeiend is.

image002

  1. Sun-C Tinted SPF 40

Dié reisgrootte-, liggewig- en nie-olierige sonskerm met ’n emulsiebasis het ’n tweeledige funksie. Dit bied nie net gesertifiseerde, hoë breëspektrum-UVA-en-UVB-beskerming nie, maar het ook teenverouderingsvoordele wat help om die sigbare tekens van ligveroudering te verminder en voorkom.

  1. Sun-C SPF30 Body Spray Active

Dié sonskerm is gerieflik en maklik om te gebruik en bied gesertifiseerde, hoë breëspektrum-UVA-en-UVB-beskerming. Dit help om velverouderende ultraviolet en infrarooi straling te weerstaan en absorbeer. Dié sproei beskerm ook die vel teen skade weens skielike temperatuurveranderinge wat ook die vel verouder.

  1. Sun-C After Sun Hydrator

Dié verkoelende, verfrissende en strelende ná-sonbehandelingsjel verlig die uitwerking van sonblootstelling en help om skade aan die vel te herstel.

  1. Exfoliating Enzyme

Verfyn jou veltekstuur terwyl jy dooie velselle verwyder en selvernuwing bevorder met hierdie korrellose, nie-skurende ensimatiese afskilferaar.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kyk hier: die “veggieducken”!

Jy het waarskynlik al die feestelike turducken (ontbeende hoender in ’n ontbeende eend in ’n ontbeende kalkoen gestop) gesien, en...

Close