×
Skakel na Engels

Beproef, Getoets, Betroubaar: BB-rome

Jy het al die gegons oor BB-rome gehoor – die wonderlike alles-in-een-produk wat as basis, gekleurde bevogtiger en sonskerm werk. Ons het Revlon se BB-rome vir jou getoets

 

 

Toetser 1, Elaine, het Revlon PhotoReady BB Cream Skin Perfector SPF 30 in Light/Medium probeer

‘“Ek het gevoel die room bevog en voel glad op my vel. Dit vermeng egalig met my vel en laat my mooi natuurlik lyk. Dit hou sowat sesuur. As ek dus die aand uitgaan, moet ek dit weer aanwend. Dit verbloem vlekke, laat my jeugdig lyk en my veltoon lyk nie of ek dit met te veel kleur probeer verbloem nie.”

 

Toetser 2, Leah, het Revlon PhotoReady BB Cream Skin Perfector SPF 30 in Light probeer

“Eerstens: Ek was mal oor die skakering van dié BB-room, want ek vind dikwels dié rome is te donker vir my vel (en dit lyk nooit goed nie). Dit wend maklik aan en sink in vir ’n ligte, eweredige afronding; en tog bedek dit vlekkies goed. Dit het ook ’n effense glans, wat my vel vars en helder laat lyk. Natuurlik is die SBF 30 ook fantasties in ons Afrika-son.”

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Waarom ’n CC-room?

Vereenvoudig jou skoonheidsroetine met ’n CC-room – jy sal die verskil sien én voel! CC staan vir ‘colour correcting’ of...

Close