×
Skakel na Engels

Benny se top 10 wenke vir jou Kers-spyskaart

MasterChef SA-beoordelaar Benny se maklike, bekostigbare, bobaas-Kersresepte – plus 10 wonderlike wenke.

 

 

Tsogo Sun se ster-sjef en MasterChef SA-beoordelaar sjef Benny Masekwameng het Vrydag ’n tikkie Kersfees-betowering aan ons Kuier-om-die-Kerstafel-middagete verleen. Benny het gedemonstreer hoe om indrukwekkende maar maklike geregte te berei wat dit minder stresvol sal maak om op Kersdag vir ’n groot klomp mense kos te maak. Dankie, Benny!

 

 

Voorgereg:

 

 

Geroosterde stokvis met ’n suurlemoen-en-dillesous op ertjiepuree met ’n mikrospruitslaai

 

Wenke

1. Stokvis is ’n uitstekende sakpas-kopie wanneer jy vir ’n klomp mense kosmaak, maar die resep kan met enige ander ferm wit vis, soos geelstert, werk.

2. Wanneer jy seekos koop, kies altyd die mees volhoubare opsie wat deur Sassi (Suid-Afrikaanse Inisiatief vir Volhoubare Seekos) goedgekeur is. As jy onseker is, gebruik Sassi se FishSMS-diens. Hoe werk dit? SMS die naam van die vis na 079 499 8795 en jy sal blitsvinnig ’n boodskap terugkry oor waar dié spesie op die lys is, asook bykomende inligting, soos die minimum grootte en die getalbeperking in die geval van lynvis. Standaard-SMS-tariewe geld.

3. Voeg ’n skeut suurlemoensap by ertjies om dit mooi heldergroen te hou.

(Kliek hier vir die resep)

 

 

Hoofgereg:

 

 

 

Beeslende met ’n kruiekors, ratatouille, geroomde spinasie met brandrissie en gemaalde neute & diepgebraaide pap

 

Wenke

4. As jy nie grondboontjies en room vir die spinasiebygereg het nie, kul ’n bietjie deur ’n eetlepel korrelrige grondboontjiebotter by die spinasie te voeg.

5. Nie gaande oor brandrissie nie? Gebruik pikantrissies vir ’n pikante, effense soet smaak.

6. As jy nie beeslende wil gebruik nie, kan jy dit deur lamsribstuk, volstruisfilet of ’n ander beessnit soos filet vervang.

7. Maak ’n ekstra beeslende gaar en sit dit vir middagete op Tweede Kersdag voor. Dis ’n heerlike gereg – warm of koud. Sny dit in dun skyfies om meer mense kos te gee of in lekker dik steaks.

8. Geur kos altyd voor, gedurende en ná die gaarmaakproses.

9. Hokaai met die hitte. As die pan te warm raak, verwyder dit vir ’n paar sekondes van die hitte, anders gaan die vleis skroei pleks van bruin braai.

(Kliek hier vir die resep)

 

 

Nagereg:

 

 

Somervrugtefrummelpoeding

 

Wenke

10. Maak dit ’n laekilojoule-nagereg deur die suiker in die resep deur Canderel te vervang. Die resep sê 125 g suiker – dis 2 000 kJ. Met Canderel kan jy die héle nagereg se energie-inhoud tot 200 kJ verminder – dis 50 kJ per porsie.

(Kliek hier vir die resep)

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Trots SA geskenk-idees

Daar’s geen ander manier om dit te sê nie: Local is rérig lekker! Hier is ou gunstelinge, vars vondste en...

Close