×
Skakel na Engels

Bekende bobaas-bakkers 2015

Bespreek nou vir hierdie fantastiese geleentheid!

Wil jy weet hoe jy jou eie gebak in meesterstukke kan omskep, of jou gunstelingresep met ’n kreatiewe kinkel kan afrond? Moet dan nie ons Bobaas-bakkers-geleentheid in Kaapstad en Johannesburg misloop nie! Die kaartjies verkoop soos soetkoek – kry joune dus vandag! Kaartjies is nou op www.quicket.co.za te koop wees. Vir die Kaapstad-geleentheid bespreek hier en vir die Pretoria-geleentheid bespreek hier.

Kom sluit aan by die Koningin van Terte, Tina Bester, Expresso se Zola Nene en ons seremoniemeester vir die dag, die private sjef Neill Anthony, vir ’n oggend van dekadente eetgoed en ekspert-bakwenke, aangebied deur Goeie Huishouding, Snowflake, Lancewood, Bakers, Zespri SunGold Kiwifruit, Clicks Love to Bake, Huletts, Miele en Glad.

7 redes hoekom jy vandag nog moet bespreek!

1. Die stersjefs Zola Nene en Tina Bester sal hul bakgeheime deel en inspirerende demonstrasies lewer.
2. Jy kan aan al die Bekende Bobaas-bakkers se skeppings smul.
3. Jy kan ’n oggendtee, verruklike gebak en goeie geselskap geniet in die Cassia-restaurant in die Durbanville-wynvallei in die Kaap of in die Kleinkaap-boetiekhotel in Gauteng.
4. Jy kry ’n gratis drie-maandeintekening op Goeie Huishouding.
5. Die private sjef Neill Anthony sal bakwenke en -truuks deel.
6. Jy kan aan ons loting deelneem en wonderlike pryse wen. Die opbrengs van die loting sal aan die Instituut vir Blindes gaan, ’n organisasie sonder winsbejag wat verblyf en sorg aan siggestremdes bied.
7. Jy sal ’n fantastiese Goeie Huishoudinggeskenksak propvol verrassings ontvang.

Sponsors-AFR

Kaapstad
Cassia-restaurant
Durbanville
Donderdag 23 Julie 2015
09:00 tot 13:00
R295 per persoon

Gauteng
Kleinkaap-boetiekhotel
Centurion
Dinsdag 28 Julie 2015
09:00 tot 13:00
R295 per persoon

uber_logotype_black

Ons het met Uber saamgespan om alle gaste veilig en in styl na en van die geleentheid te kry. Alle nuwe gebruikers kan hier vir Kaapstad inteken met die promosiekode GHK23. Alle nuwe gebruikers kan hier vir Pretoria inteken met die promosiekode GHK28. Dié kodes gee jou ’n gratis eerste rit ter waarde van tot R150. Om jou rit aan te vra, laai eenvoudig die gratis app vir iPhone, Android, BlackBerry 7 of Windows-fone af of besoek die mobiele webwerf by m.uber.com.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 kosse wat jou immuunstelsel help versterk

Word jy gedurig siek? Voeg hierdie kosse by jou wintereetplan en gee jou immuunstelsel ’n ekstra hupstoot

Close