×
Skakel na Engels

Bederf ’n tuinier tot in die afgrond

Vyf items wat jou vriend(in) met die groen vingers se lewe makliker sal maak:
  1. ’n Knielkussing vir gemak én om sy knieë droog te hou.
  2. ’n Plantvurk om gate mee te maak wanneer hy bolle of saailinge plant.
  3. Natuurlike tuinierstou om plante wat opgebind moet word – soos tamatieplantjies – aan bamboes, ranktralies of ’n prieel vas te maak.
  4. ’n Tuindagboek – soos die Moleskine Passions Gardening Journal (bestel een van www.kalahari.com) – om in te beplan, rekord te hou en persoonlike notas en sketse in te maak.
  5. ’n Ordentlike handeroom. Ons gunsteling is die Crabtree & Evelyn Hand Recovery Kit met ’n heerlike skroproom en ’n handeroom met ’n galambotter-basis. Besoek www.crabtree-evelyn.co.za vir meer inligting.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Voel soos ’n briesie

Verfris jou somer-voorkoms met skakerings van groen, wit en blou

Close