×
Skakel na Engels

BBP-toegang na Restaurantweek SA met Goeie Huishouding

Restaurantweek Suid-Afrika gee jou die kans om die land se toprestaurante teen ’n wonderlike prys te verken en met eksklusiewe BBP-bespreking!

 

 

Gedurende Restaurantweek Suid-Afrika van 23 Oktober tot 2 November 2014 sal jy die kans hê om Suid-Afrika se toprestaurante te verken en daar te eet teen ’n wonderlike prys – vir net R95 vir middagete en R175 vir aandete kan jy die spyskaarte van ’n paar van die beste sjefs in Suid-Afrika proe.

 

Besprekings begin amptelik op 7 Oktober, maar as ’n vriend van Restaurantweek het ons seker gemaak jy kan nou al begin bespreek. Gebruik net die unieke kode hier onder. Dit beteken jy het ’n baie beter kans om die beste sitplekke tydens vanjaar se Restaurantweek te hê.

 

UNIEKE KODE: GHSSRW2014

 

 KLIEK HIER OM TE BESPREEK

 

Maar dis nie al nie. Vir elke sitplek wat jy met die unieke kode bespreek, sal Goeie Huishouding R5 skenk aan StreetSmart, ’n inisiatief wat die ingesamelde geld aan goedgekeurde organisasies sal skenk wat programme vir die normalisering van straat- en ander kwesbare kinders in Suid-Afrika aanbied.

 

Dis sowaar ’n wen-wen – bespreek sommer nou al!

 

Bon appétit!

 

Vir nog inligting: www.restaurantweek.co.za en www.facebook.com/RestaurantWeekSouthAfrica

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
GH-lesers kry eerste keuse in Restaurant Week

Gedurende Restaurant Week, 24 Oktober - 3 November, kan jy by sommige van ons land se top restaurante eet teen...

Close