×
Skakel na Engels

Barbie het 17 nuwe “rolmodelle” bekend gestel – en ons wil almal hê!

Dié nuwe toevoegings bring hulde aan vroue wat geskiedenis gemaak het, soos die vliegpionier Amelia Earheart, sowel as hedendaagse heldinne soos die Olimpiese sneeuplankryer Chloe Kim
Barbie

Sedert Barbie in 1959 haar verskyning gemaak het, het sy dogtertjies regoor die wêreld in die jongste modes en skoonheidsneigings voorgegaan. Hierdie jaar het Mattel, die speelgoedmaatskappy wat Barbie vervaardig, besluit om dinge ’n bietjie interessanter te maak deur 17 poppe bekend te stel wat op ware en inspirerende vroue gegrond is.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Die rolmodel-Barbies is op 8 Maart 2018 ter viering van Internasionale Vrouedag bekend gestel. Veertien van die 17 nuwe poppe, as deel van Barbie se “Shero”-reeks, is op hedendaagse ikone gebaseer terwyl die ander drie deur rolmodelle uit die verlede geïnspireer is en by Mattel se splinternuwe “Inspiring Women”-versameling ingesluit sal word.

Mattel se besluit om hierdie poppe te ontwerp is op ’n wêreldwye opname onder 8 000 ma’s gegrond – 86% van die respondente het gesê dat hulle bekommerd is oor die soort rolmodelle waaraan hulle dogters blootgestel word. Al wat ons kan sê, is: Wel gedaan, Mattel! Hier is ’n paar van ons gunstelinge:

Amelia Earhart, vliegpionier

Hélène Darroze, wêreldberoemde sjef

Frida Kahlo, kunstenaar 

Yuan Yuan Tan, prima ballerina

Chloe Kim, kampioen-sneeuplankryer 

Katherine Johnson, Nasa-wiskundige en -fisikus

 

Ashley Graham, model en liggaamsaktivis

Ongelukkig is daar net een replika van die meeste van die poppe en sal hulle nie te koop wees nie, maar lojale aanhangers en versamelaars kan die “Inspiring Women”-poppe vooruit aanlyn bestel

Kyk hierdie #MoreRoleModels-video:

HOOFFOTO: Barbie.Mattel.com

FOTO’S: boredpanda.com

LEES OOK:

Hoe Barbie gelyk het die jaar toe jy gebore is

Barbie kry nuwe voorkomste

15 words that didn’t exist 40 years ago

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 speelgoed wat jou kind sal help om fikser te word

Prettige maniere om hom of haar aan die beweeg te kry

Close