×
Skakel na Engels

Banting-vriendelike resepte vir die hele week

Dis tyd om koolhidraatslim te raak!

Maandag: Blomkoolrys

Hierdie banting-vriendelike en vleislose gereg is ideaal vir enige iemand wat die week op ’n geurige noot wil ingaan. Wat jy daarmee saam bedien, is jou keuse.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Dinsdag: Banting-lasagne

Roep die kinders om te kom help om hierdie heerlike en romerige lasagne te maak. Vir ’n varser geur kan jy ’n verskeidenheid gekapte vars basilie, origanum, tiemie, marjolein en roosmaryn in plaas van die droë kruie gebruik.

Woensdag: Stadig gekookte borsstuk in 2 stappe

Hierdie stadig gekookte borsstuk in 2 stappe het heerlike tamatiebasis met knoffel-, ui- en pietersielie-aksente – njammie! Dié gereg gee jou die perfekte verskoning om jou prutpot die kookwerk te doen terwyl jy jou werk op kantoor doen!

Donderdag: Vis met groente in foelie gebak

As jy van helder kleure hou, sal hierdie gereg so reg in jou kraal wees. Die vis en groente word in ’n foeliepakkie die oond gebak, en is binne slegs 40 gaar. Enige wit vis met ’n matige smaak, soos stokvis, koningklip of kabeljou, sal vir hierdie resep werk.

Vrydag: Varkworsies met fyn blomkool

Met hierdie eenvoudige varkworsies en fyn blomkool hoef jy jou nie oor Vrydagaand se ete te bekommer nie. Jou kinders sal dit verslind en ná ’n lang week gaan jy nie baie tyd in die kombuis hoef deur te bring nie. Dit is ’n wen-wensituasie vir die hele gesin!

Saterdag: Frittata-muffins met spinasie & prosciutto

Hoe kan jou dag nié fantasties wees as jy dit met hierdie vars en kleurvolle Frittata-muffins met spinasie & prosciutto begin nie? Die muffins kan vir tot vier dae in die yskas gehou word, wat beteken jy kan hulle gedurende die week in jou kosblik pak!

Sondag: Braaihoender met suurlemoen en kruie

Braaihoender met suurlemoen en kruie bly ’n klassieke keuse vir ’n Sondagmiddagete. As jy hierdie sappige hoendergereg reg voorberei, sal dit jou gaste gaande hê. Raak kreatief met bykosse waarmee jy jou meesterstuk gaan afrond.

Heerlike nagereg: Individuele ongebakte lemmetjiekaaskoekte met ’n krummelkors

Hierdie individuele kaaskoekies is perfek vir ’n intieme onthaal. Dié nagereg, met sy laekoolhidraat-kors, is eenvoudig verruklik!

Naweekgebak: Klappermelktert

Gee hierdie klassieke Suid-Afrikaanse gunsteling ’n heerlike kinkel deur klapper by te voeg! Met net vier stappe tussen jou en die perfekte melktert, gaan hierdie resep beslis ’n wenner wees.

LEES OOK:

Die vyf algemeenste foute wat mense met Banting maak

Tim Noakes se 4 top-Banting-wenke

3 heerlike Banting-nageregte

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Raak besig in die kombuis met hierdie Banting-boeke

Raad en resepte vir die LKHV-leefstyl

Close