×
Skakel na Engels

Bak lekker met Snowflake!

Snowflake reg om gaste te genot te verskaf by die Bekende Bobaas-bakkers-geleentheid

Geniet ’n dekadente oggend saam met Snowflake en Goeie Huishouding by die Bekende Bobaas-bakkers-geleentheid. Verlustig jou in heerlike soet en soutige eetgoed wat deur stersjefs en jou gunsteling-bakvennoot, Snowflake, geskep is. Snowflake word in huise en professionele kombuise oor die land heen vertrou en spog met ’n reeks bakprodukte waarmee almal van groentjies tot professionele bakkers fantastiese resultate kan kry.

Leer nuwe tegnieke en metodes van die stersjefs Jenny Morris en Roxanne Floquet wat praktiese demonstrasies sal doen om smaaksensasies te skep – vars gemaak met Snowflake. Ander kenners wat hul talent sal deel, is Alex Biess van Charly’s Bakery, Sue-Ann Allen en die Gourmet Sisters, om maar ’n paar te noem. Neem wonderlike bakidees en fantastiese geskenksakke huis toe wat jou sal help om jou eie meesterlike gebak te skep.

Snowflake is bekend vir hul produkte wat flatervrye gebak moontlik maak en is die betroubare kook-en-bak-naam in Suid-Afrika. Saam met Goeie Huishouding bring hulle die nuutste bakneigings aan jou sodat jou innerlike bakker na vore kan kom – bak lekker!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kos-en-wynkombinasies vir ’n Vrydagaand

Hoekom bederf jy jouself nie met ’n heerlike maaltyd gekombineer met goeie wyn nie? Deur Leah van Deventer

Close