×

Bak jou beste vrugtekoek nóg!

Ons het die volmaakte bestanddeel gekry om die beste resultaat met jou vrugtekoek vir die feestyd te kry

’n Vrugtekoek is die ideale familieversnapering in die feestyd. Hoewel dit ’n gedugte taak is om dit te bak het Sasko die volmaakte oplossing vir ma’s met min tyd en onervare bakkers – ’n resep wat maklik is om te volg en nie baie voorbereidingstyd verg nie. Omdat Sasko al langer as 80 jaar in die bedryf is, verstaan hulle die belangrikheid daarvan om Suid-Afrikaners die voedingswaarde te gee wat hulle nodig het sonder om smaak in te boet.

 

Sasko-vrugtekoek

Genoeg vir 12

Bestanddele

200 g botter, saggemaak, plus ekstra vir smeer

200 g donker muskovadosuiker

3 ekstragroot eiers

1 e gouestroop

200 g Sasko-koringbruismeel

2 t gemengde speserye

1 t bakpoeier

2 appels, gerasper (sowat 100 g elk)

300 g gemengde sultanas en rosyne

pekanneute en geglaseerde kersies, vir versiering

 

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Smeer die bodem van ’n diep, ronde koekpan van 20 cm in deursnee met botter en voer dit met vetdigte papier uit.
  3. Klits die botter en suiker met ’n elektriese handklitser in ’n groot bak tot dik en lig van kleur.
  4. Voeg die eiers en gouestroop by en klits vir ’n minuut.
  5. Sif die meel, gemengde speserye en bakpoeier by. Meng goed.
  6. Voeg die gerasperde appels en sultanas en rosyne by en vou dit liggies in tot eweredig gemeng.
  7. Skep die beslag in die voorbereide pan en bak vir 50 minute tot 1 uur ot totdat die koek ’n donker goudbruin is en terugspring wanneer jy daaraan raak en effens weggekrimp het van die rand van die pan. ’n Steekpen of mes sal skoon uitkom wanneer jy dit in die middel van die koek indruk wanneer dit gereed is.
  8. Laat heeltemal afkoel voordat jy dit met die pekanneute en geglaseerde kersies versier.

 

WENKE:

* Bak die koek eerder vroeër as later om die stres gedurende jou vakansie te verminder en om toe te laat dat die geure van die vrugte en speserye ontwikkel.

 

* Indien jy jou Sasko-koek met versiersel bedek, kan jy dit óf in ’n lugdigte houer toegedraai hou vir tot ’n week nadat jy dit versier het, óf dit kan vir tot ’n maand gevries word voordat dit versier word as jy regtig daarop ingestel is om vir die vakansie voor te berei!

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Resep vir minivrugtekoeke

Bederf jou vriende en familie in die feestyd met soet gebak. Moir’s het die heerlikste resepte vir jou om hierdie...

Close