×

Avokado’s: die smaaklike superkos

Avokado’s is nie net heerlik nie, dis ook goed vir jou. Westfalia se gerieflike, klaargemaakte guacamole maak dit maklik om meer van hierdie veelsydige vrug te eet
guacamole

Jy kan nie van superkosse praat sonder om avokado’s te noem nie. Dié smaaklike vrugte word op verskeie maniere gebruik – in slaaie, as ’n smeer vir toebroodjies en as ’n smaakmiddel en doopsous. Avokado’s bevat proteïen en antioksidante, en hul mono-onversadigde vette, omegasure en vetoplosbare vitamiene is goed vir breingesondheid. Westfalia maak dit baie gerieflik met ’n reeks klaargemaakte avokado-guacamoles in vier geure – Plain, Spicy, Sweet Chilli Salsa en Biltong-geur. Met tot twee avokado’s in elke bakkie weet jy jy kry al die heilsaamheid wat jou liggaam nodig het van hierdie fantastiese vrug. Geniet dit as ’n doopsous, smeer dit in ’n wrap of skep dit oor ’n burger of op ’n pizza. Dis heerlik as ’n vinnige maaltyd op ’n sny warm roosterbrood of oor ’n gebakte aartappel geskep. Ons het die perfekte resep vir ’n aptytwekker volgende keer wanneer jy enige soort bymekaarkoms aanbied. Kry die resep hier onder.

 

Geroosterde patatsirkels met guacamole en spek

Genoeg vir 4 tot 6

Bestanddele

  • 1 groot patat
  • avokado-olie
  • ⅛ tot ¼ t fyn seesout, na smaak
  • 2 skywe dikgesnyde spek
  • 1 bakkie Westfalia Spicy Guacamole
  • sprietuie, gekap, vir opdiening
  • parmesaankaas, vir opdiening

 

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Was die patat en druk dit droog. Sny dit in ronde skywe van 1 cm dik. Bedek albei kante van die patat liggies met die avokado-olie, sprinkel sout oor en plaas op ’n bakplaat. Bak vir 20 minute, draai die patat om en bak vir nog 10 tot 15 minute of totdat die sirkels deurgaar en die rande bros is. Plaas die patatsirkels op ’n opdienbord en laat afkoel.
  2. Braai die spek oor matige hitte en draai dit af en toe om totdat dit bros is (sowat 5 minute). Skep die spek op ’n kapbord en sny dit in stukkies sodra dit koel genoeg is om aan te vat.
  3. Bedek die patatsirkels met guacamole, sprietuie, bros spek en gerasperde parmesaankaas.

 

Wenk: Gebruik Westfalia se Plain-, Biltong- of Sweet Chilli Salsa-geur pleks van die Spicy Guacamole indien verkies.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 redes om guacamole die ster by jou volgende kuier te maak

Avokado’s is een van die gesondste vrugte op die planeet. Dis die perfekte partytjiekos, maar ongelukkig is dit nie heeljaar...

Close