×

ASHANTÉ DLAMINI-MTHEMBU SE MOIR’S-BEKERKOEKE IN BOTTERIGE-VANIELJEGEUR

Daar is niks verveligs aan hierdie MOIR’S-bekerkoeke in botterige-vanieljegeur nie. Dis heerlik en die perfekte happie vir teetyd, of enige ander tyd!

Bestanddele:

  • 3 pakkies MOIR’S Mug Cake in botterige-vanieljegeur
  • 150 ml melk

 

Om die koek te maak:

  1. Meet 50 ml melk in ’n 200 ml-beker af.
  2. Voeg die inhoud van die pakkie by die melk en meng goed.
  3. Mikrogolf op hoog vir:
  • 1 minuut en 30 sekondes (900 W)
  • 1 minuut en 40 sekondes (800 W).
  1. Haal uit die mikrogolf en laat vir 2 minute afkoel.
  2. Voeg ’n bolaag van jou keuse by en geniet.

 

 

Wenk

Gebruik ’n 250 ml-beker om plek vir bolae te laat.

 

 Bolae

 

’n Sweempie sitrus

Voeg gerasperde lemoenskil by die beslag voordat jy dit mikrogolf. Sprinkel MOIR’S se fyn klapper bo-oor.

 

Chai-kinkel

Voeg ’n knippie elk fyn kaneel, kardemom en gemmer by die beslag voordat jy dit mikrogolf vir ’n chai-geur.

 

Effens soutig

Smelt ’n bietjie botter en voeg ’n skeppie Marmite by. Giet dit oor ’n warm bekerkoek.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
VICKI SLEET SE MOIR’S-BEKERKOEKE IN CRÈME CARAMEL-GEUR

As jy van bederfhappies met ’n crème caramel-geur hou, is hierdie drie MOIR’s-bekerkoeke vir jou!

Close