×
Skakel na Engels

As jy dié boodskap op jou Apple-toestel ontvang, moet dit NIÉ oopmaak NIÉ!

Aandag, alle eienaars van iPhones en ander Apple-toestelle!
Apple-toestel

Die jongste sagtewarebywerking in Apple-tegnologie bevat ’n fout wat jou toestel die gees kan laat gee. Dié wanfunksie behels dat ’n “teksbom” gestuur kan word wat verskeie apps, insluitend iMessage, WhatsApp, Gmail en Facebook Messenger, onaktief kan maak, berig The Independent in Brittanje.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Die fout vind plaas wanneer ’n spesifieke karakter van die Indiese taal Telugu in ’n teks (soos SMS of WhatsApp) getik of ontvang word. Dit sal veroorsaak dat sekere app’s nie behoorlik werk nie.

Dié probleem affekteer iPhones, iPads, Macs, Apple-horlosies en Apple TV nadat die jongste sagtewarebywerkings geïnstalleer is.

Wat jy moet doen as jy ’n boodskap met dié simbool ontvang:

1. Moet dit nie oopmaak nie.

2. Vee die boodskap of hele gesprek uit.

3. Die maklikste manier om dit te doen, is deur iemand anders te vra om ’n boodskap na die geaffekteerde app te stuur. Sodoende sal jy toegang tot die kennisgewing verkry en die hele rygskakel (thread) kan uitvee wat die fout bevat.

Die tegnologiese fout is aanvanklik deur die Italiaanse blog Mobile World gerapporteer, met baie Apple-gebruikers wat die probleem op sosiale media aangemeld het.

Mobile World het opgemerk dat iPhone’s swakker reageer wanneer die iOS probeer om die karakter in ’n kennisgewing te vertoon. Apple is bewus van die probleem en werk tans aan ’n oplossing. Dit fout is reeds van beta-weergawes van die komende iOS 11.3 verwyder.

Uit: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/ozgurdonmaz

LEES OOK:

4 maniere waarop jou slimfoon jou brein verander

Moenie dat die skelms jou met ’n “gemiste oproep” uitvang nie

7 wenke vir hoe om die regte slimfoon te kies

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief