×

Antwoorde op jou 3 topvrae oor somervelsorg

Moet jy sonskermmiddel voor of ná bevogtiger aanwend? Goeie vraag! Lees verder vir die antwoord op dié vraag en ander sonsorgkwessies

somervelsorg

VRAAG #1

“Moet ek ’n sonskermmiddel voor of ná bevogtiger aanwend?”

 

ANTWOORD:

Voor. Sonskerms werk die beste as dit op ’n skoon vel aangewend word. Minerale sonskerms wat sinkoksied of titaandioksied bevat, werk steeds goed as dit bo-oor ander produkte aangewend word (sien vraag 2). Spaar jouself die kopkrap en begin met ’n sonskerm. Maak dit makliker – gebruik daagliks ’n bevogtiger met ’n SBF van 30 of hoër.

 

 

VRAAG #2

“Ek weet ek moet elke twee uur weer sonskerm aanwend, maar wat as ek grimering dra?”

 

ANTWOORD:

Kyk uit na eksklusief fisiese (oftewel minerale) sonskerms. Lees deur die lys bestanddele op die etiket (sien vraag 1). ’n Minerale sonskerm is soos ’n wit T-hemp vir jou vel – jy kan dit bo-oor grimering dra, maar dit kan jou bleek laat lyk. Gelukkig maak party handelsmerke produkte met ’n tint wat die wit sal verbloem en beter by jou vel (of saam met grimering) sal lyk.

 

 

VRAAG #3

“Hoe keer ek dat my bruin vlekke meer opvallend raak?”

 

ANTWOORD:

Wend twee lae beskerming aan, want vlekke is uiters sonsensitief. Wend eers ’n chemiese en dan ’n minerale sonskerm aan. Dra ’n hoed met ’n 10 cm breë rand en ’n sonbril wat beskerming teen UV-strale bied.

 

 

LEES OOK

Verstandig met sonskerm

GESONDHEIDSWENK: Eet jou SBF

Raak ontslae van hardnekkige sonskermvlekke

Só lees mens ’n sonskerm-etiket

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe sterre op ’n gesonde manier gewig verloor

Daar’s ’n rede dat sterre vinnig hul figuur terugkry nadat hulle ’n baba gehad het (of ’n ruk lank ongesond...

Close