×
Skakel na Engels

Angelina Jolie praat oor hoe dit was om in Namibië geboorte te gee

En oor hoe sy en manlief Brad Pitt hul ses kinders grootmaak

 

Hoewel Angelina Jolie ’n koningin van die silwerdoek is, is dit haar gesin aan wie sy die meeste toegewy is. Nou, in ’n insetsel van BBC Radio se Woman’s Hour, het Angelina vertel van hoe sy haar kinders grootmaak en haar humanitêre werk.

Die ma van ses — Maddox, Pax, Zahara, Shiloh, Vivienne en Knox — het onthul dat sy haar kinders help om verskillende kulture te verstaan sodat hulle nie net ’n klassieke, bevoorregte Hollywood-lewe leef nie. In die program, waarvan sy ’n gasredakteur was, het Angelina gepraat oor hoe bedrewe hulle is en iets waarna die res van ons kan streef.

“Al die kinders leer verskillende tale. Ek het hulle gevra watter tale hulle wil leer. Shi leer Kumai, ’n Kambodjaanse taal. Pax fokus op Viëtnamees. Mad het op Duits en Russies besluit. Zee praat Frans. Vivienne wou Arabies leer, en Knox leer gebaretaal.”

Ernstig, dink jou in hoe hul gesprekke aan etenstafel moet verloop.

Lees ook: Hoe om te weet of jou kind regtig begaafd is

Angelina het ook onthul dat sy haar kinders toelaat om hul eie identiteit te vind, en hulle beslis nie aanmoedig om haar loopbaanpad te volg nie.

“Jy weet nie wie jou kinders is totdat hulle jou wys wie hulle is nie. Hulle word net wie hulle ook al wil wees,” het sy gesê. “Nie een van my kinders wil akteurs wees nie. Hulle is nogal geïnteresseerd om musikante te wees. Ek dink hulle hou van die verfilmingsproses van die buitekant. Mad stel belang in redigering. Pax is mal oor musiek en om platejoggie te wees.”

Die akteur en humanitêre werker het op die program verskyn om haar ervarings as ’n spesiale gesant vir die Verenigde Nasies te bespreek, veral oor vlugtelingkampe vir vroue. Dit was in Namibië dat sy aan Shiloh geboorte gegee het, en die ervaring het haar bewus gemaak van die werk wat nog gedoen moet word.

“Ek het na ’n hospitaal in Namibië gegaan waar ek my dogter sou hê, en sy was ’n stuitbaba. Ek moes ’n keisersnit kry en ek het geweet sy is in ’n stuitligging omdat ek die geld gehad het om ’n ultraklankondersoek te laat doen. Maar ek het gevind dat selfs die plaaslike hospitaal met baie, baie vroue – en dit was ’n goeie hospitaal – nie ’n ultraklankmasjien het nie,” het sy gesê.

Lees ook: 67 daaglikse weldade

“Die getal vroue wat nie geweet het hul baba is in ’n stuitligging nie, die getal babas en komplikasies wanneer hulle kraam, [kon dus opgelos geword het] met een eenvoudige masjien. Maar ek weet daar is baie buitengewone mense wat daaraan werk en aan vroue se gesondheid oor die wêreld heen, en baie groepe wat spesifiek daaraan toegewy is, en hul werk is so nodig en hierdie oplossings kan kom.”

Angelina se insetsel in Woman’s Hour het meer bewustheid van hierdie lot geskep wat baie mense elke dag moet trotseer, en wys net hoeveel ondersteuning ons nog moet gee.

Van: Good Housekeeping UK

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om jou kinders sover te kry om in hul eie beddens te slaap

As die getrippel van klein voetjies elke nag om 03:00 by jou bed die oorsaak van sakke onder jou oë...

Close