×

ANDERSTE PAASBOLLETJIE-TIRAMISU

Verlustig jou in hierdie heerlike Italiaanse nagereg met ’n speserykinkel

Bestanddele

  • 90 g-boksie MOIR’S-kitspoeding in sjokoladegeur
  • 250 ml mascarpone
  • 250 ml room, liggies geklop
  • 5 ml MOIR’S-vanieljegeursel
  • 5 ml fyngerasperde suurlemoenskil
  • 200 ml aangemaakte koffie
  • 60 ml ligte bruinsuiker
  • 6 Paasbolletjies, middeldeur gesny en liggies gerooster
  • kakao, om oor te sif kruisementblare
  • MOIR’S-maraschino-kersies 
  • sjokoladeskyfies

Metode

1. Maak die MOIR’S-kitspoeding in sjokoladegeur aan volgens die aanwysings op die verpakking.

2. Meng die mascarpone, room, MOIR’S-vanieljegeursel en fyngerasperde suurlemoenskil saam.

3. Plaas ’n Paasbolletjiehelfte onderin elk van 6 glase. Giet ’n bietjie koffie (met die suiker daarin opgelos) oor elke helfte. Skep ’n laag van die mascarponemengsel bo-op, gevolg deur die ander Paasbolletjiehelftes, nog koffie, sjokoladepoeding en laastens ’n laag van die mascarponemengsel. Sif kakao bo-oor en versier met kruisementblare, MOIR’S-maraschinokersies en sjokoladeskyfies.

 

Bak jou eie paasbolletjies

Om met MOIR’S-bakpoeier – die geheime bestanddeel vir heerlike Paasbolletjies – te bak is vinniger en makliker as om met gis te bak. Kliek HIER vir ’n maklike, heerlike Paasbolletjieresep.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
FRANSE PAASBOLLETJIE-WAFELS MET GEKLOPTE HEUNINGBOTTER

Hierdie Franse Paasbolletjie-wafels het ’n heerlike tekstuur, en saam met vye en geklopte heuningbotter is dit ’n lieflike keuse vir...

Close