×
Skakel na Engels

Almal aan boord saam met span SCA

Nege maande, 11 hawens en 71 745 km. Ons het aan boord van die vrouespan SCA se boot gaan kyk wat dit verg om ’n seiler in die Volvo-oseaanreisies te wees

 

 

Hulle is die eerste span van uitsluitlik vroue wat in meer as tien jaar aan die Volvo-oseaanreisies, die wêreld se voorste aflandige sportgebeurtenis, deelneem.

 

 

Die reisies

 

Die nege maande lange reisies het in Oktober in die Spaanse dorp Alicante begin en loop al langs Afrika, Asië, Australasië en die Amerikas voordat dit in Gotenburg, Swede eindig met die finale hawereisies op 27 Junie 2015. Die spanne se eerste vasmeerplek is Kaapstad, voordat hulle na Abu Dhabi vertrek vir die tweede deel van die reisies.

 

 

Lewe aan boord

 

Terwyl hulle op see is, leef, eet en slaap die span op ’n 20 m lange boot. Dit sluit werkgedeeltes in vir die navigasiestasie en die kombuis (’n eenvoudige gasstoof). Hulle deel slaapbanke, hulle eet gevriesdroogde kos en hulle werk vier-uur-skofte met vier spanlede op elke skof. Die ander vier is egter altyd op gereedheidsvoet. Groot maneuvers op dié bote vereis dikwels dat die hele span aan dek is, wat kan beteken dat lang rustye nie dikwels gebeur nie.

 

 

Gesondheid en dieet

 

Genoeg eet en slaap is belangrik om die hoë vlak van fisieke en verstandelike stamina te handhaaf wat deur die hele reisies vereis word. Volgens dr. Antonio Zodio, span SCA se dokter, is die eerste deel van die reisies vanuit ’n liggaamsmetrieke perspektief die ergste omdat seilers skielik in ’n heel ander omgewing gegooi word met ’n uiteenlopende dieet, voortdurende fisieke werk en ’n gebrek aan slaap. Hoewel daar individuele verskille is, veroorsaak die stresvolle situasie dat die seilers meer kilojoules verbrand. “Ons weet hoeveel kilojoules ons individuele spanlede gedurende ’n 24-uur-siklus verloor terwyl hulle vaar, hoe hulle eet, slaap en die invloed van fisieke-aktiwiteitspatrone en bepaal dit. Die gemiddelde kilojouleverbruik vir ons span terwyl hulle in die reisies is, is 6 400, wat op sigself harde werk is. Maar dit is ’n noodsaaklike deel van die werk aan boord vir die span. En omdat gewigsverlies in die reisies ’n verlies aan spiermassa kan beteken, is gewigsverlies iets wat vermy moet word. Die belang vir voldoende voedselinname en genoeg slaap, wat dit vir hulle makliker maak om hul gewig te handhaaf, kan nie oordryf word nie. Gedurende die verblyf in Kaapstad het ons individueel met elkeen gewerk volgens ons herstel-riglynplan sodat ons hul liggaamsmetriek en bloedvlakke kan terugkry na waar dit moet wees voor die tweede deel van die reisies Ons moet onthou dat 90% van die reisies nog voorlê.”

 

 

Volg die reisies

 

Body: Om meer oor span SCA uit te vind besoek www.teamsca.com. Jy kan ook die span op hul Facebook-blad, Team SCA Ocean Racing, of @team_sca op Twitter volg.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief