×
Skakel na Engels

Alles wat jy van vaginale atrofie (droogheid) moet weet

Vroeë opsporing en behandeling is die sleutels tot verligting
vaginale atrofie

In 2016 is daar ’n opname genaamd CLarifying vaginal atrophy’s impact On SEx and Relationships (CLOSER) in Suid-Afrika uitgevoer. Die doel van dié opname was om insig en inligting te bekom oor vaginale droogheid en die impak wat dit op seks en verhoudings vir vroue in hul menopouse het. Wat presies is vaginale atrofie dus en hoekom raak dit soveel menopousale vroue? Ons het met dr. Trudy Smith, ’n Johannesburgse ginekologiese onkoloog en verloskundige, gesels oor alles wat jy van vaginale atrofie moet weet.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Dit klink vreesaanjaend. Wat presies is dit?

Vaginale droogheid is algemeen ná die menopouse. Die simptome kan pynlike gemeenskap, ’n jeukerige of branderige gevoel, vaginale ongemak en gereelde urinering insluit. Dis nie ’n gemaklike onderwerp nie, maar dis heeltemal normaal en baie algemener as wat jy dalk dink. Na raming ervaar 50% van vroue simptome van ’n droë vagina ná menopouse; jy is dus nie alleen nie. 

Wat veroorsaak vaginale atrofie?

Die warm gloede en nagsweet van die menopouse waai mettertyd oor, maar die simptome wat met vaginale droogheid verband hou kan moontlik vererger en ook behandeling benodig. Vaginale ongemak ná die menopouse ontstaan omdat die eierstokke nie meer estrogeen produseer nie, en dis die hormone wat vir die instandhouding van die vaginale wand verantwoordelik is.

“Voor die menopouse is dié wand dik en klam. Ná die menopouse, namate die estrogeenvlakke daal, word dit dunner en droër. Die bloedvloei na die vaginale weefsel neem af, en die vagina skei minder vloeistof gedurende seks af,” verduidelik Smith. ” ’n Droë vagina is meer geneig om klein beserings en infeksies te kry.”

Moet ek eenvoudig daarmee saamleef of is daar iets wat ek kan doen?

Vaginale droogheid kan deur eenvoudige smeermiddels verlig word, maar ’n beter oplossing is om lokale estrogeen te gebruik. “Estrogeenterapie kan lokaal of sistemies wees, maar lokaal word aanbeveel wanneer die simptome van die menopouse tot die vaginale area beperk is,” sê Smith.

“Lokale-estrogeenterapie word regstreeks in die vagina toegedien, en kan in die vorm van vaginale tablettte, ’n room of ’n ring wees.” Lokale-estrogeenterapie kan ’n doeltreffende en logiese behandelingsopsie vir vaginale droogheid wees, want slegs klein hoeveelhede estrogeen is nodig om die vaginale simptome van die menopouse te behandel. Die vaginale reaksie op lokale-estrogeenterapie kan vinnig en langdurig wees indien dit reg gebruik toegepas word.

FOTO: iStock/Neyya

LEES OOK:

5 goed wat jy van jou ma erf

10 feite oor menopouse

3 natuurlike behandelings vir menopouse

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 mites oor jou vagina

Hoe is jy eintlik veronderstel om jou vagina skoon te hou? Kan dit rek? Ons het al die antwoorde! Deur...

Close