×
Skakel na Engels

Alles wat jy van skoonheidsaanvullings moet weet

Skoonheidsaanvullings is ’n warm onderwerp, maar watter is reg vir jou?
skoonheidsaanvullings

Kan aanvullings die maklikste manier wees om skoonheid van binne te verseker? Behalwe vir die ooglopende voordele – ekstra vitamiene en minerale – is die skoonheidsvoordele van aanvullings skynbaar eindeloos. Maar watter aanvullings behoort jy te drink? Kom ons kyk.

Eerstens: Wat is ’n aanvulling?

Die menslike liggaam het ’n verskeidenheid voedingstowwe, vitamiene en minerale nodig om te oorleef. Ideaal gesproke moet ons dit uit ons daaglikse maaltye kry, maar weens ons besige leefstyl en immerveranderende diëte kan dit moeilik wees. Aanvullings is daar om die gapings te vul.

Is daar ’n verskil tussen ’n skoonheidsaanvulling en ander vitamiene?

Nie regtig nie. Bykans alle tekorte beïnvloed jou uiterlike voorkoms op ’n manier, of dit nou jou hare, naels of vel is. Selfs vitamiene vir kwale soos slegte spysvertering kan ’n uitwerking hê op hoe jy lyk.

Wat is dus die vitamiene waarvan ek moet weet?

Vitamien C: Jou liggaam hou van nature op kollageen vervaardig teen die ouderdom van 25, wat die eerste tekens van veroudering tot gevolg het. Moenie bekommerd wees nie: Die liggaam het vitamien C nodig om kollageen te vervaardig. Nie net dit nie, maar ’n gereelde inname kan die doeltreffendheid van jou sonskerm versterk en dien as ’n antioksidant.

Vitamien E: Die lys van voordele van vitamien E lees soos ’n droom: Daar is nie net bewys dat dit suksesvol in die behandeling van sonbrand, tekens van veroudering en ’n ontsteekte vel is nie, maar dit help ook om PMS-simptome te behandel.

Visolie: Hoewel studies toon dat visolie met gewigsverlies, velregenerasie en haargroei kan help, is dit belangrik om op gehalte te let as gevolg van die kwikvlakke wat in sekere soorte vis voorkom.

Yster: Lae ystervlakke in die bloed kan ’n oorsaak van haarverlies wees. Ystertablette kan help om hergroei te bevorder en haarverlies help keer. Dit is veral doeltreffend  wanneer dit saam met vitamien C geneem word.

Vitamien K: Het jy onlangs chirurgie ondergaan? Voeg dan vitamien K by jou oggendroetine. Dis noodsaaklik vir bloedstolling en beengesondheid, en kan gebruik word om littekens, rekmerke, spinnekopare en kringe onder die oë te behandel.

Lees ook:

10 wenke vir ’n somervel

’n Natuurlike behandeling vir uitslae

4 speserye wat jou sal help om jonger te lyk

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vermy hierdie 5 wenkbrouflaters om jonger te lyk

Laat jou wenkbroue vír jou werk, nie teen jou nie … Deur Sophie Hines

Close