×
Skakel na Engels

Braaihoender met suurlemoen en kruie

  • 15 min
  • 80 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Braaihoender met suurlemoen en kruie

Resep Bestanddele

BRAAIHOENDER

  • 2 t fyngerasperde suurlemoenskil
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 1 t vars tiemie, gekap
  • 4 e sagte botter
  • 1 heel hoender (1,8 tot 2,3 kg), drooggeklad

GEROOSTERDE UIE EN RADYSE

  • 1 middelslag-ui, dun gesny
  • 1 bossie radyse, punte afgesny en in kwarte gesny

Resep Aanwysings

    1. Verhit die oond tot 180 °C.
    2. Druk die suurlemoenskil, knoffel, tiemie, 2 e botter en ½ t elk sout en peper in ’n bak fyn tot gemeng. Maak die vel van die hoender se bors en dye versigtig met jou vingers los. Druk die bottermengsel onder die vel in; versprei dit egalig. Bind die boudjies aan mekaar vas en vou die vlerkies agter die bors in.
    3. Plaas die hoender op ’n rakkie in ’n middelslag-oondpan. Pak die ui en radyse om die hoender. Smelt die orige 2 e botter; verf dit oor die hele hoender en besprinkel met ½ t elk sout en peper. Giet ¼ k water onderin die roosterpan.
    4. Rooster die hoender vir 50 minute. Verhoog die oondtemperatuur na 220 °C; maak seker al die water het nie verdamp nie (voeg nog ¼ k by indien nodig) en rooster vir nog 15 tot 20 minute of totdat ’n termometer wat in die dikste deel van die dy ingesteek word 70 °C wys.
    5. Laat die hoender vir minstens 15 minute rus voordat jy dit sny. Gebruik intussen die geroosterde ui en radyse, asook enige pansappe om die panzanella te berei.
    ELKE PORSIE: Net die hoender: Sowat 1 740 kJ, 40 g proteïen, 1 g koolhidrate, 27 g vet (10 g versadig), 345 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
'); mywindow.print(); mywindow.close(); return true; } function print_section() { var w=window.open(); w.document.write(jQuery('#print_content').html()); w.print(); w.close(); }