×
Skakel na Engels

Bessie-en-vlatertjies

  • 15 min
  • 80 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Bessie-en-vlatertjies

Resep Bestanddele

KORS

  • ¾ k sagte botter
  • 3 e witsuiker
  • ¼ t sout
  • 1 groot eiergeel
  • 1⅓ k koekmeel

VLAVULSEL

  • 6 groot eiergele
  • ¾ k witsuiker
  • 6 e koekmeel (nie bruismeel nie)
  • ¼ t sout
  • 2¼ k volroommelk
  • 1 vanieljepeul, oopgesny
  • ½ t amandelekstrak
  • ½ k amandelskyfies, gerooster

VERSIERING

  • bloubessies, frambose, braambessies (of ander bessies)
  • klein mentblaartjies
  • eetbare kamille- of soortgelyke blommetjies
  • versiersuiker

Resep Aanwysings

    1. Maak die kors: Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit 6 klein (12 cm-breë) losboomtertpannetjies met kossproei. (Sien nota.)
    2. Stel jou menger op ’n hoë spoed en klop die botter, witsuiker en sout in ’n middelslagbak tot glad en romerig. Klop die eiergeel by en dan die meel tot net gemeng. As die deeg te sag is om te hanteer, draai dit in kleefplastiek toe en verkoel vir 5 tot 10 minute.
    3. Verdeel die deeg in 6 ewe groot stukke. Sprinkel ’n bietjie meel oor jou hande en druk die deeg op die bodems en teen die kante van die voorbereide pannetjies in ’n egalige laag vas. Pak die pannetjies op ’n bakplaat.
    4. Bedek elke tertkors met ’n stukkie bakpapier en vul dit met genoeg droë bone om die bodem te bedek. Bak vir 15 tot 20 minute of tot goudbruin. Verwyder die bakpapier en bone en bak vir nog 5 tot 8 minute of tot goudbruin. Laat die tertdoppies op ’n draadrak heeltemal afkoel.
    5. Maak intussen die vlavulsel: Klits die eiergele, witsuiker, koekmeel en sout in ’n groot bak tot glad.
    6. Verhit die melk in ’n 3 -kastrol oor mediumhoë hitte totdat dit stoom en om die rande begin borrel; verwyder van die hitte. Voeg ’n titseltjie warm melk by die eiermengsel en klits tot glad. Hou aan om die melk geleidelik by te klits totdat die helfte van die melk geïnkorporeer is. Klits die orige warm melk by totdat die mengsel glad is. Giet die eiermengsel terug in die kastrol. Laat kook oor matige hitte vir 5 tot 7 minute of tot baie dik en borrelend; klits aanhoudend. Verwyder van die hitte.
    7. Skraap die saadjies uit die vanieljepeul en klits dit by die vlavulsel saam met die amandelekstrak. Giet die vlavulsel deur ’n mediumdigte sif in ’n middelslagbak; druk dit met ’n rubberspatel deur. Raak van klonte ontslae. Bedek die vulsel met kleefplastiek – dit moet aan die vla raak. Verkoel tot koud (sowat 2 uur).
    8. Verdeel die amandelskyfies tussen die bodems van die tertdoppies. Smeer of druk die verkoelde vulsel met ’n spuitsak in die doppies uit. Bedek een derde van die bokante met bessies, ment en blommetjies. Bestuif liggies met versiersuiker.

    ELKE PORSIE: Sowat 2 620 kJ, 12 g proteïen, 66 g koolhidrate, 36 g vet (19 g versadig), 1 g vesel, 395 mg natrium.

    NOTA: Kan ook as een groot tert berei word: Gebruik een 22 cm-losboomtertpan en moenie die deeg in 6 stukke verdeel nie. Bak die kors blind vir 20 tot 30 minute of tot goudbruin.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
'); mywindow.print(); mywindow.close(); return true; } function print_section() { var w=window.open(); w.document.write(jQuery('#print_content').html()); w.print(); w.close(); }