×
Skakel na Engels

Advertensie-promosie: Weet jy wat is in die vleis wat jy eet?

In onlangse studies is aan die lig gebring dat 60% van alle antibiotika in Suid-Afrika vir diere op voerkraalplase gebruik word. Gelukkig is daar alternatiewe vir vleisprodukte wat jou en jou gesin veilig kan hou. GEBORG DEUR FRY’S

 

 

Die manier waarop diere op voerkraalplase vir kos grootgemaak word, het ontsettende gevolge vir die diere se welstand en die omgewing. Beeste, skape, varke en hoenders ervaar pyn en lyding voor hul uiteindelike dood en is ook verantwoordelik vir sowat 51% van kweekhuisgas oor die wêreld heen. ’n Kwessie waaroor egter dikwels nie berig word nie, is die gebruik van antibiotika in vee. The South African Medical Journal het berig dat sowat twee derdes van antibiotika deur diere se kos toegedien word.

 

Die kommer oor die wydverspreide gebruik van antibiotika in vee is weens die toenemende weerstand van bakterieë teen antibiotika. Die Natural Resources Defense Council, ’n organisasie met die VSA as basis, het eenvoudig gesê: “Vleis + medikasie = superkieme”. Navorsers in die VSA het bevind dat 53% van rou hoendermonsters met die antibiotika-weerstandige E. coli besmet is. En Suid-Afrika is geen uitsondering nie. In ’n studie wat deur die African Journal For Animal Science gedoen is, is bevind daar is ’n toenemende probleem met antibiotika-weerstandigheid in Suid-Afrika.

 

Die oormatige gebruik van antibiotika in vee is ’n tikkende tydbom wat aandag in die landboubedryf moet kry. Intussen kan jy ’n alternatief kies wat nie net vleis-, eier- en suiwelvry is nie, maar ook geen antibiotika bevat nie: die Fry’s Family- vegetariese reeks. Fry’s se kosse is ’n hoëproteïen-alternatief wat jou moeite spaar en jou help om vleis op te gee sonder om van smaak afstand te doen.

 

Geniet heerlike vleisvrye resepte

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 ingewikkelde koswoorde en hoe om dit uit te spreek

As jy “bouillabaisse” met selfvertroue kan sê, is dié artikel nie vir jou nie. Vir die res van ons is...

Close