×
Skakel na Engels

Advertensie-promosie: Hou jou badkamer netjies en georganiseerd

Is jou wasbak, bad en stort altyd vol halfgebruikte bottels sjampoe, opknapper en ander badkamergoeters? Tile Africa is hier om te help!

 

 

Die badkamer is waar die gesin hul dag begin en afsluit. Dit moet ’n toevlugsoord vir ontspanning wees; daarom moet dit ’n georganiseerde en kalm, funksionele ruimte vir jou gesin wees. Met die regte toebehore kan jy die badkamer eens en vir altyd rommelvry kry. Moenie na bêreplek vir jou toiletgoed kyk as blote oplossings om supergeorganiseerd te raak nie, maar ook as stylvolle, modieuse en ekovriendelike artikels wat by jou badkamer gevoeg kan word.

 

“Smukeenhede en kabinette is beskikbaar in ’n reeks modieuse ontwerpe en materiale en kan suksesvol gebruik word om die karakter van jou badkamer te beïnvloed,” sê Liza Watermeyer, verkope-en-vertoonkoördineerder by Tile Africa. Smukeenhede bied heelwat bêreplek, óf in die kas onder die wasbak as dit ’n vloergemonteerde smukeenheid is, óf in die laaie onder die wasbak as dit ’n swewende eenheid is wat van die muur af hang.

 

Liza deel wonderlike wenke oor hoe om die perfekte smukeenheid vir jou badkamer te kies:

 

• Smukeenhede moet in proporsie tot die beskikbare plek wees. Kies ’n smal eenheid vir ’n smal badkamer en ’n grote vir ’n ruim badkamer.

• Badkamerbykomstighede moet mekaar komplementeer. As jy byvoorbeeld op ’n smal eenheid met ’n vierkantige wasbak besluit, kies krane met skerp lyne om by die voorkoms te pas.

• Besluit op die voorkoms wat jy wil hê, neem jou behoeftes in ag en identifiseer wie almal die badkamer gebruik. Onthou altyd om genoeg ruimte vir bêreplek te laat. Al dié oorwegings sal ’n invloed hê op die grootte en styl van die smukeenheid wat jy kies.

• Om ’n manlike voorkoms te skep, kies ’n mahonie- of pikswart smukeenheid met ’n swart wasbak.

• Vir ’n spa- of natuurgeïnspireerde badkamer, kies geronde lyne en vloeiende vorms wat ’n organiese voorkoms en gevoel sal help skep.

• Gesinsbadkamers verg meer bêreplek. ’n Praktiese dubbel-smukeenheid met plek vir twee wasbakke is ’n oplossing om orde te behou en die gejaag soggens en saans te verminder.

• Bamboes-smukeenhede wat van die muur af hang en swewende rakke is modieus en verleen ’n pragtige, natuurlike voorkoms wat duursaam en ’n ekovriendelike alternatief vir houtprodukte is. Bamboes is volop, hernubaar en ’n natuurlike produk met baie merkwaardige eienskappe soos sterkte en duursaamheid.

• Hou die voorkoms eenvoudig en maak seker dat nuwe loste en vaste toebehore by die res van die badkamerdekor pas, veral as jy net een deel van die badkamer opknap.

 

Vir meer inligting bel Tile Africa by 0800 002 783 of besoek www.tileafrica.co.zaVolg Tile Africa op Pinterest vir meer ontwerpinspirasie vir jou huis.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
MAAK DIT: Geknoopte halssnoer

Die skoonheids- en modeblogger Shirley Eniang wys hoe jy dié geknoopte halssnoer kan maak. Dis die ideale lente-bykomstigheid

Close