×
Skakel na Engels

Advertensie-promosie: Flatervry, elke keer!

Snowflake, Suid-Afrika se geliefkoosde meel, het nederig begin. Kom nader en lees die verkwiklike storie van die meel wat altyd vars en flatervry is

 

 

Die storie van hoe Snowflake Suid-Afrika se mees geliefde meel geword het, begin meer as 130 jaar gelede toe die ou Port Elizabeth Steam Mill Company gestig is. Die eerste meule is plegtig deur John Bristow, die destydse burgemeester van die Baai, geopen. Die Snowflake-handelsmerk is amptelik in 1884 geregistreer en was toe al bestem om ’n huishoudelike naam vir komende generasies te word. In dieselfde jaar is goud in Suid-Afrika ontdek en uitbreiding na Kaapstad het vinnig gebeur. Die gerespekteerde maatskappy JW Stephen & Co is as agent aangestel. Die maatskappy het ondanks die Anglo-Boereoorlog gefloreer en die hoogste meule – ’n indrukwekkende 50 meter hoog – is in Kaapstad gebou. Teen daardie tyd, in 1891, het die PE Steam Mill Company met Kaapstad se Atwell Bakery saamgesmelt en die eerste Snowflake-advertensies het begin verskyn.

 

Toe die oorlog in 1909 geëindig het, het die uniewording van Suid-Afrika beteken sake kon na die Transvaal uitgebrei word, en die Suid-Afrikaanse Meulensmaatskappy (Samco) het van krag tot krag gegaan. Hulle het goedere met stoomvaartuie en die land se eerste Sentinel Steam Lorry-afleweringsvragmotor noordwaarts vervoer. Teen 1924 is ’n nuwe meule in Soutrivier geopen en só is die vooruitsiende, standvastige en getroue tradisie voortgesit wat deur meer as tien dekades van handel en ontwikkeling gesorg het dat Snowflake Suid-Afrika se hoogste gehalte koring en meel is.

 

In 1982 het Snowflake sy honderdjarige bestaan gevier met die opening van ’n indrukwekkende nuwe meule in Isando. Ná verskeie dekades van strategiese samesmeltings en verwerwings floreer Snowflake steeds vandag, en sal steeds in die toekoms onder die kuratorskap van Premier Foods.

 

Die Snowflake-storie is nog elke dag, vanaf 52 meulens, depots en verspreidingspunte, in een of ander heerlike vorm deel van die daaglikse lewe van miljoene Suid-Afrikaners oor die land heen. Soos die dae en jare verby gaan, bly Snowflake eg aan dieselfde belofte wat aan ons oumas gedoen is as die fundamentele Suid-Afrikaanse koringmeel wat altyd vars en flatervry is – “too fresh to flop”.

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Advertensie-promosie: Bak soos ’n kenner!

Gebak en die Kenwood Chef gaan hand aan hand. Dis die wonderstaf wat jou sal inspireer om enige iets van...

Close