×
Skakel na Engels

Advertensie-promosie: Bak blitsig heerlike happies met Tina Bester!

Die Clicks Love to Bake-reeks met Tina Bester, het alles wat jy in die kombuis nodig het om gebakte meesterstukke te skep

 

 

Clicks se Love to Bake-produkte is spesifiek vir die ywerige bakker ontwerp en sal selfs ’n groentjie soos ’n kenner laat lyk! Die reeks is funksioneel en prettig. Die produkte is in ’n verskeidenheid kleure beskikbaar, van spookasempienk tot helderblou en lemmetjiegroen, om jou heerlike soetgebak nog mooier te laat lyk. Die kersie op die vars gebakte koek is dat die reeks ook deur die bakker van formaat Tina Bester onderskryf word. Sy is bekend vir haar Queen of Tarts-winkel in Observatory, Cape Town.

 

Die Love to Bake-reeks is nie net pragtig en prakties nie, dis ook funsioneel en, die belangrikste, bekostigbaar. Die huidige pryse wissel van R19,99 tot R120. Die reeks sluit verskeie koekievorms, meettoerusting, versieringsgereedskap, bakpanne, vorms en veel meer in. Jy kan Tina Bester in aksie sien waar sy met dié ongelooflike Love to Bake-produkte ’n storm los bak by Goeie Huishouding se Bobaas-bakker-geleentheid op 6 Augustus 2014 by die Cassia-restaurant in Kaapstad en op 13 Augustus 2014 by The Big Red Barn in Pretoria. Gaste kan ’n oggendtee geniet en sal ’n fantastiese geskenksak vol goedjies ontvang en het ’n kans om ongelooflike pryse te wen.

 

Die Love to Bake-reeks is eksklusief by Clicks-takke te kry. Vir meer inligting besoek clicks.co.za/only-at-clicks/Love2Bake/.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Advertensie-promosie: Versier heerlike gebak maklik!

2014 is ’n jaar van feestelikheid vir Nicoletta, die ghoeroes in die versiering van soetgebak. Nicoletta is vanjaar tien jaar...

Close