×
Skakel na Engels

Advertensie-promosie: 11 slim GLAD-kombuiskunsies

Maak bak ’n absolute plesier met GLAD se kleefwerende Bake & Cooking Paper

 

 

GLAD se kleefwerende Bake & Cooking Paper maak dit onnodig om bakplate en koekpanne te smeer. Dit stel jou dus in staat om minder te mors en geen olie te gebruik nie. GLAD streef daarna om jou lewe makliker te maak, en hul Bake & Cooking Paper sal presies dít doen. Hier is ’n paar maniere om dit te gebruik:

 

  • Help om jou potte en panne in ’n goeie toestand te hou: Pak ’n vel GLAD Bake & Cooking Paper tussen kookgerei om te keer dat dit aan mekaar vassit, krap of roes, en om stof uit te hou.
  • Beskerm jou kaste en laaie deur dit met GLAD Bake & Cooking Paper uit te voer om dit skoon te hou en teen krapmerke en vlekke te beskerm.
  • Om ’n geroosterdetoebroodjiemaker maklik skoon te maak, voer dit eenvoudig met GLAD Bake & Cooking Paper uit.
  • Daar sal minder van ’n gemors wees wanneer jy koekies of graanvlokkies vir pasteikorse of bolae tussen twee velle GLAD Bake & Cooking Paper fyndruk.
  • Doop aarbeie in gesmelte sjokolade en verkoel dit in die yskas op ’n bord of skinkbord wat met GLAD Bake & Cooking Paper uitgevoer is sodat dit nie aan die bord vassit nie.
  • Voer nageregvorms met GLAD Bake & Cooking Paper uit om te keer dat koeke of nageregte vassit.
  • Wanneer jy groente of tjips rooster, voer die bakpan met GLAD Bake & Cooking Paper uit vir ’n kleefvrye resultaat en maklike skoonmaak.
  • Sny patats in dun skyfies en plaas dit op ’n bakplaat wat met GLAD Bake & Cooking Paper uitgevoer is. Bak dit in die oond tot goudbruin en bros en gebruik dit dan in slaaie, as garnering of as snoephappies saam met ’n doopsous.
  • Gebruik ’n vel GLAD Bake & Cooking Paper wanneer jy stryk om delikate materiale te beskerm en te keer dat die yster vasbrand.
  • GLAD Bake & Cooking Paper is ook ideaal vir panbraai omdat jy dan nie ekstra kookolie hoef by te voeg nie.
  • GLAD Bake & Cooking Paper kan temperature van tot 230°C weerstaan, wat dit ideaal maak om in sowel mikrogolf- as konveksie-oonde te gebruik.

 

Vir meer inligting besoek www.glad.co.za.

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 maniere om ’n koek te laat flop

Ja, jy lees reg. Almal sê altyd vir jou wat jy nié moet doen nie. Wel, hier is presies wat...

Close