×
Skakel na Engels

9 wenke om beurtkrag te oorleef

Moenie in die donker gevang word nie! Met Eskom wat skedule 3-beurtkrag oor die hele Suid-Afrika heen in werking stel, is dit wys om jouself – en jou huis – voor te berei

 

 

Behalwe dat jy jou elektrisiteitsverbruik verminder (veral tussen die piektyd van 17:00 tot 21:00) en toestelle uitprop wanneer jy dit nie gebruik nie, hier is nog nuttige wenke oor hoe om ’n kragonderbreking te oorleef:

 

 

  1. Druk ’n tabel met die beurtkragtye uit en plak dit op die yskas sodat jou gesin genoeg tyd sal hê om hulle vir die kragonderbreking voor te berei.
  2. Alarmstelsels, motorhuisdeure en elektriese hekke werk gewoonlik met elektrisiteit. Maak dus seker dat dié dinge almal goeie rugsteunbatterye het. As jou alarmstelsel nie ’n rugsteunbattery het nie, wees versigtig gedurende ’n kragonderbreking. Dis die moeite werd om ’n draagbare noodknoppie te koop wat met batterye werk en wat aan ’n gerespekteerde noodreaksiemaatskappy gekoppel is.
  3. As jy ’n koordlose foon het, wat natuurlik nie tydens ’n kragonderbreking sal werk nie, hou jou selfoon byderhand.
  4. Gebruik LED-gloeilampe met ’n herlaaibare batterystelsel sodat jy in kragonderbrekings net die herlaaibare battery hoef te konnekteer sodat die LED-gloeilamp lig kan verskaf.
  5. Maak seker jou rekenaar, skootrekenaar, foon of iPad is ten volle gelaai sodat jy dit steeds kan gebruik.
  6. Hou ’n olielamp, flits, son- of battery-aangedrewe lig of lantern of draagbare lig op verskeie plekke in jou huis aan wat jy maklik kan raakvat. Maak ook seker jy het genoeg vars spaarbatterye.
  7. Vul ’n termosfles met kookwater voor die krag afgaan sodat jy tydens die kragonderbreking ’n koppie warm koffie of tee kan drink.
  8. As jou begroting dit toelaat, koop ’n draagbare kragopwekker. Leer hoe om dit veilig te gebruik en toets dit maandeliks. Maak seker jy het genoeg brandstof om die opwekker vir tot ’n week te laat werk.
  9. Die inhoud van jou yskas en vrieskas behoort oornag oukei te wees sonder krag as jy dit nie herhaaldelik oop en toe maak nie.

 

Dankie aan John October, die woordvoerder van Dial Direct-versekering vir die deel van dié wenke.

 

Wat van versekering?

Wonder jy wat om te doen as jy in ’n motorongeluk betrokke is wat gebeur wanneer verkeersligte nie werk nie, of wanneer by jou huis ingebreek word omdat jou alarm weens beurtkrag af was? Besoek www.dialdirect.co.za vir oplossings en raad.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 maaltye wat jy nie hoef te kook nie

Met beurtkrag weer op ons is hier 5 maklike, vinnige idees vir aandete waarvoor jy nie elektrisiteit nodig het nie

Close