×
Skakel na Engels

9 tekens dat jy in ’n zombie-huwelik vasgevang is

En hoe om jou “slaapwandelende” huwelik te laat herleef indien dit wel die geval is
zombie huwelik

Van buite af lyk jul verhouding goed en gesond. Julle daag saam by partytjies op, julle ondersteun jul kinders langs die sportveld en die atmosfeer in die huis is beskaafd – die meeste van die tyd. Daar is beslis geen hewige rusies nie.

Soms is julle so goed daarmee om die skyn te bewaar dat julle selfs julself kan oortuig dat alles oukei is. Maar vir een of al twee van julle voel dit of iets binne-in julle dood is. Klink dit bekend? 

Lees die volgende stellings en kyk met watter jy saamstem:  

1. Daar is baie gesinstyd, maar ons doen byna nooit iets alleen nie.

2. Wanneer ons seks het, is dit funksioneel, vinnig en nie juis bevredigend nie.

3. Dit voel asof ek ’n woordelose argument probeer vermy wat al jare aankom, maar ek weet nie meer hoe dit begin het of waaroor dit gaan nie.

4. My maat het iets gedoen waarvoor ek hom of haar nie kan vergewe nie/ ek het iets gedoen wat my maat nie kan verwerk nie.

5. Ek moet heeltyd op my lippe byt omdat daar al hoe meer dinge is waaroor ons nooit sal saamstem nie.

6. Daar is tye dat ek daarteen opsien dat my maat huis toe kom.

7. Ek sou dit moeilik vind om deur ’n hele naweek te gaan sonder om aan ’n spesiale vriend(in) by die werk te dink of aan ’n bietjie flirtasie oor die foon.

8. Ek het altyd vir my maat kwaad geraak, maar hoewel hy of sy deesdae soms irriterend kan wees, traak dit my meestal nie eens nie.

9. Ek fantaseer dikwels daaroor om ’n nuwe lewe te begin sodra die kinders ouer of uit die huis uit is.

As jy met twee van die stellings saamgestem het, is dit rede tot kommer, maar jy is nie in ’n zombiehuwelik nie. Drie stellings plaas jou op die grenslyn en vier of meer beteken jy is reg in die middel van zombiehuwelikterrein. (Maar jy het dit waarskynlik reeds geweet.) 

Die verhoudingsberader en skrywer Andrew Marshall deel sy raad:

1. Gaan naweke weg, maar net julle twee (sonder die kinders).

2. Kweek gewoontes wat
julle meer tyd saam sal
laat deurbring (eet saans 
saam, kies TV-programme 
om saam te kyk, gaan dieselfde tyd bed toe, ensovoorts).

3. Verduidelik wat jy wil hê pleks om van jou maat te verwag om jou gedagtes te lees.

4. Leer dat dit oukei is om “nee” of “miskien” te sê en onderhandel om ’n oplossing te vind wat vir julle albei aanvaarbaar is.

5. Raak meer aan mekaar. (Hou mekaar vas wanneer julle op die bank lê en TV kyk, krap mekaar se rug en nek, streel jou maat se arm terwyl hy of sy die motor bestuur, ensovoorts.)

6. Hanteer die klein jakkalsies pleks van dit te ignoreer, want dit sal julle die vertroue gee om groter kwessies op te los.

7. Sit ’n slot op jul slaa kamerdeur sodat julle ’n plek het om privaat seksueel te wees sonder enige onderbrekings.

8. Wanneer jou maat met jou praat, gee hom of haar jou volle aandag – sit jou foon of tablet neer.

9. Gee meer komplimente, sê meer dankie en glimlag meer – dit neem vyf van dié positiewe interaksies om een kwetsende aanmerking uit te kanselleer.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Laat hierdie 7 goed gaan as jy wil hê jou huwelik moet werk

Skud dit af of los dit, dis so eenvoudig. Deur Kaitlin Menza

Close